Onderwysbeurse (vir Onderwysers)
BESKRYWING: |
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement bied beurse aan vir deeltydse studie vir onderwysers wat hulle kwalifikasies wil verbeter. Die beurse is beskikbaar vir onderwysres met REQV 11, 12, 13 of 14, wat permanente werknemers is van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Dit dek die koste van klasse en boeke vir enige van die volgende twee-jaar, deeltydse kursusse:
NPDE-klasse word aangebied by die Universiteit van die Wes-Kaap of die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. ACE-sertifikate word uitgereik deur die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (Rekenaartoepassingstegnologie, Kuns en Kultuur) of die Universiteit van Stellenbosch (Natuurwetenskappe, Lewenswetenskappe). Beurse word toegeken op 'n terugwerkstelsel, met ander woorde, jy moet in diens bly as in onderwyser in die Wes-Kaap vir elke jaar wat jy 'n beurs ontvang het. |
VOORSKRIFTE: |
Die Onderwysdepartement sal 'n omsendbrief stuur aan alle skole om aansoeke te vra op die toepaslike tyd. Besoek vir meer inligting die Departement se webwerf by http://hrd.wcape.school.za (kliek op "Implementation and Management", dan "Learnerships, NPDE, ACE en PS-beurse") of skakel Gavin de Bruyn by 021 467 2575, e-pos gdebruyn@pgwc.gov.za. |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 Mei 2006 hersien