Onderwysbeurse (vir Studente)
BESKRYWING: |
Skoolverlaters wat Wiskunde- of Wetenskaponderwysers wil word kan by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aansoek doen om beurse om voltyds te studeer. Dié beurse is ook beskikbaar vir bestaande studente wat onderwysers op dié gebiede wil word. Aansoekers moet permanente inwoners van die Wes-Kaap wees, moet kan bewys dat hulle 'n geldelike behoefte het en aan die tersiëre onderwys-toegangskriteria voldoen. Geskiedkundig benadeelde mense word aktief aangemoedig om aansoek te doen. Beurse dek die koste van boeke en vier jaar se onderwys aan die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Stellenbosch, die Universiteit van die Wes-Kaap of die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. In gevalle van uiterste nood, kan die beurs ook 'n persentasie van die koste van kos en inwoning dek. Beurse word toegeken op 'n terugwerk-grondslag, met ander woorde, ontvangers moet 'n jaar lank as onderwyser in die Wes-Kaap werk vir elke jaar wat hulle 'n beurs ontvang het. Dit is elke ontvanger se persoonlike verantwoordelikheid om 'n onderwyspos te kry, hoewel die Departement sal doen wat hulle kan om hulle te help om werk te kry. |
VOORSKRIFTE: |
Aansoekvorms is gewoonlik beskikbaar van Junie af in die jaar voordat die beurs toegeken word. Vra een by jou skool of universiteit se beurs- of finansiële bystandskantoor Of skakel Granville Davids |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
Wes-Kaap Onderwysdepartement (Wes-Kaapse Provinsiale Regering) |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 17 Mei 2006 hersien