BESKRYWING: |
1. Watter Beurse in Toerisme bied die Provinsiale Regering Aan? Die Provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme bied oor die algemeen twee beurse vir voltydse studie aan, mits daar 'n behoefte aan die vaardighede in die provinsie is. Die beurse is:
2. Wat Dek die Beurs? Die Technikonbeurs dek klasse, terwyl die beurs aan die Universiteit van Stellenbosch klasse, boeke, toerusting, verblyf en kos dek. 3. Sal Ek Enigiets Moet Terugbetaal of -werk? Nee. Dié is nie terugwerkbeurse nie, en jy hoef ook nie enige geld terug te betaal nie. 4. Wie Kan Aansoek Doen om 'n Beurs? Om aansoek te doen vir een van die beurse moet jy:
5. Hoe Doen Ek Aansoek? Die Departement keur aansoekers uit die lys van studente wat geregistreer is vir die betrokke kursus. Keuring vind gewoonlik plaas in Februarie of Maart van die eerste akademiese jaar, As jy dink jy kom in aanmerking vir die beurs kragtens die bogenoemde voorwaardes, skakel jou instelling se beurskantoor. 6. Waar Kan Ek Meer Inligting Kry? Skakel Elton Gordon by die Provinsiale Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme: Tel: 021 483 9136 elgordon@pgwc.gov.za |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Department of Economic Development and Tourism (Provincial Government of the Western Cape) |