Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Die Beskerming van jou Intellektuele Eiendom
BESKRYWING:
Wanneer 'n onderneming waarde skep op grond van 'n idee, proses, handelsmerk of produk, kan dié waarde beskerm word en kan voorkom word dat ander mense geldelik daaruit voordeel kan trek, deur die intellektuele eiendomsreg daaroor te laat registreer.

Daar is verskeie soorte intellektuele eiendom:

HANDELSMERKREGISTRASIE

Handelsmerkregistrasie word gebruik om jou handelsmerk, byvoorbeeld jou logo, te beskerm. Nadat jy jou handelsmerk laat registreer het, mag niemand dit of 'n merk wat baie daarna lyk gebruik nie.

Die CIPRO-webwerf bevat volledige inligting oor handelsmerkregistrasie, wat besonderhede insluit oor:

ONTWERPREGISTRASIE

Jy kan die ontwerp laat registreer van iets wat jy geskep het om te keer dat ander mense die vorm, styl, voorkoms, patroon, versiering of struktuur van die item na-aap.

Inligting oor wat geregistreer kan word en hoe om 'n ontwerp te laat registreer is beskikbaar op die CIPRO-werf.

PATENTREGISTRASIE

Jy kan 'n patent laat registreer om te keer dat ander mense jou uitvinding naboots. Dit kan 'n vernuwende produk, 'n nuwe proses of 'n nuwe tegnologiese oplossing vir 'n probleem wees. Patentbeskerming beteken dat die uitvinding nie kommersieël gemaak, gebruik, versprei of verkoop kan word sonder die eienaar se toestemming nie.

Volledige inligting oor hoe om 'n patent te laat registreer en hoe om hulp met die registrasie te kry is beskikbaar op die CIPRO-werf.

KOPIEREG

Wanneer jy 'n boek skryf, 'n skildery maak, 'n stuk musiek komponeer, 'n rekenaarprogram skryf of 'n film- of digitale opname maak, het jy outomaties kopiereg op jou werk.

Die kopiereg bestaan op die manier waarop die werk op skrif gestel of opgeneem is. Kopiereg bestaan nie op die idees nie.

Kry nog inligting oor kopiereg en kopieregskending op die CIPRO-webwerf.
VOORSKRIFTE:
Verken vir meer inligting die CIPRO-webwerf of tree met CIPRO in verbinding:Inbelsentrum: 0861 843 384
Internasionale navrae: +27 11 254 9405
Posbus 429, Pretoria, 0001
ZANZA-gebou, Proesstraat 116, Pretoria, 0002
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Handel en Nywerheid (Die Regering van Suid-Afrika)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Julie 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo