BESKRYWING: |
Jy kan jou jaarlikse Posbus- of Privaatsakhuur hernu deur die Suid-Afrikaanse Poskantoor se veilige aanlynbetaalstelsel te gebruik. Jy kan:
|
VOORSKRIFTE: |
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het 'n maatskaplike verpligting om elke huishouding van 'n adres te voorsien. Dit lewer op die oomblik omtrent ses-miljoen posstukke per dag by amper drie-en-'n-half-miljoen straatafleweringspunte en byna twee-miljoen posbusse af. Daar is nog meer as twee-miljoen posbusse landwyd beskikbaar vir verhuring.Die Poskantoor se huidige afleweringsbeleid bepaal dat alle eerste posadresse gratis aan kliënte verskaf word, onder wie boere en eienaars van kleinhoewes. Die volgende word beskou as 'n eerste posadres:
Die volgende word beskou as 'n tweede posadres:
Posbushuur is van toepassing van 1 Januarie tot 31 Desember van elke jaar en is betaalbaar voor 31 Desember. 'n Deel van 'n kalenderkwartaal word beskou as 'n volle kwartaal. Wanneer 'n posbus gehuur word, word twee sleutels verskaf nadat 'n sleuteldeposito en die huurbedrag (waar van toepassing) betaal is. Die deposito word terugbetaal nadat die diens gekanselleer en beide sleutels aan die posmeester terugbesorg is. As 'n sleutel verlor e raak, moet die posmeester dadelik ingelig word sodat die posbus 'n nuwe slot kan kry. Die posbushuurder is verantwoordelik vir die koste van 'n nuwe slot en sleutels (vra die posmeester om meer inligting). Staafkode jaarlikse hernuwingskennisgewings vir posbusse, adresbusse en privaatsakke word op 1 November in posbusse geplaas en moet voor 31 Januarie ingedien word by die naaste betaalkantoor. Kliënte kan nog die posbus hernu deur 'n jaarlikse hernuwingsvorm by die toonbank te kry, as hulle hul staafkode een verloor het. As die jaarlikse hernuwingskennisgewing nie ingedien word en die huurgeld (indien van toepassing) nie voor 31 Januarie (indien van toepassing) betaal word nie, sal die posbus gesluit word. Die Poskantoor sal positems aanstuur, teen 'n minimale bedrag, vir kliënte wat trek van een plek na 'n ander as hulle die aansoekvorm voltooi vir die aanstuur van pos en dit indien by die naaste betaalkantoor. Kontakbesonderhede: Lys van Rekeninggeloofsbriewe-inligtingboxrenew@sapo.co.za Hoofkantoor: Jacob Mareestraat 497, Pretoria 0001 Kliëntdienste: 0860 086 860 |
|
STAATSLIGGAAM:
|
SA Poskantoor Beperk |