Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Betaling van Inkomstebelasting
BESKRYWING:

Inkomstebelasting is die geld wat jy uit jou loon aan die regering betaal om vir dinge soos paaie, skole en hospitale te betaal.

Hoeveel belasting jy betaal hang af van:

Voorbeelde van inkomste waarop jy belas kan word, is die volgende:

Jy kan jou laat registreer vir inkomstebelasting by 'n Inkomstedienskantoor deur 'n IT 77-vorm in te vul. Jy sal 'n afskrif van jou ID en 'n IRP5-vorm nodig hê. Jou registrasie sal binne 21 werksdae bevestig word en 'n belasting-verwysingsnommer sal aan jou uitgereik word.

SIBW EN LBS

Daar is twee hoofsoorte belasting wat van 'n werknemer se salaris of loon afgetrek word:

  • SIBW (Standaard inkomstebelasting op werknemers)
  • LBS (Lopende betaalstelsel).

As jy meer as R27 000 per jaar verdien, betaal jy SIBW, wat elke week of maand van jou salaris afgetrek word. Jou werkgewer moet uitwerk hoeveel afgetrek moet word.

As jy meer as R60 000 per jaar verdien, sal jy SIBW betaal op die eerste R60 000 en dan LBS op alles bo R60 000 verdien. Die bedrag LBS wat jy betaal, hang af van hoeveel jy verdien en word bereken volgens belastingtabelle wat deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uitgereik word.

BELASTINGOPGAWES

Een keer per jaar sal jou werkgewer vir jou 'n IRP5-belastingsertifikaat gee, wat die totale bedrag wat jy verdien het en die belasting wat afgetrek is, toon.

As jy meer as R60 000 per jaar verdien, moet jy 'n belastingopgawe invul en dit saam met jou IRP5-sertifikaat aan die SAID stuur.

Jy moet by die SAID registreer voordat jy 'n belastingopgawe invul. As jy reeds geregistreer is, sal jou belastingopgawevorm aan jou gepos word. Jy kan die vorms ook by jou naaste SAID-kantoor kry.

Jy kan ook jou belastingopgawe elektronies ontvang en indien deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se e-Indienstelsel te gebruik. e-Indiening is 'n elektroniese diens vir belastingbetalers. Jy kan registreer vir e-Indiening as jy reeds geregistreer is as 'n belastingbetaler. Jy sal jou belasting-verwysingsnommer en ID-nommer nodig hê.

Saam met die vorms sal jy volledige aanwysings kry oor hoe om die belastingopgawe in te vul.

Wanneer jy jou opgawe indien, sal die SAID seker maak dat jy die regte bedrag belasting betaal het. As jy te veel belasting betaal het, sal jy 'n terugbetaling kry. As jy nie genoeg belasting betaal het nie, sal jy gevra word om die uitstaande bedrag te betaal. Jy kan ook 'n afskrif van die vorms by jou naaste SAID-kantoor kry.

Jy kan beboet word of tronk toe gestuur word as jy daaraan skuldig bevind word dat jy:

  • belasting ontduik het (d.i. nie jou inkomstebelasting betaal het nie);
  • nie 'n inkomstebelastingopgawe ingevul het nie;
  • nie al jou inkomste op jou inkomstebelastingopgawe aangedui het nie.
VOORSKRIFTE:
Vir meer inligting, besoek die SAID- webwerf of skakel u naaste SAID-kantoor.
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
SA Inkomstediens (SAID)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 3 Julie 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo