Cape Gateway: Maklike Toegang tot Regeringsinligting en -dienste
BESKRYWING: |
Die mense van die Wes-Kaap kan toegang tot provinsiale, nasionale en plaaslike regeringsinligting by die Cape Gateway instapsentrum, inbelsentrum of webblad kry. Cape Gateway is 'n eenstop-inligtingsdiens waar jy besonderhede oor 'n wye reeks regeringsdienste, -projekte en -gebeure kan kry. En as die inligting waarna jy soek nie dadelik beskikbaar is nie, sal die personeel van Cape Gateway dit vir jou in die hande probeer kry. Al drie toegangspunte kan mense in Afrikaans, Engels en Xhosa help en mense is welkom om vertalings van regeringsinligting aan te vra wat nie in al drie amptelike tale beskikbaar is nie. | |||
VOORSKRIFTE: |
CAPE GATEWAY INBELSENTRUM Jy kan die Cape Gateway Inbelsentrum by 0860 142 142 skakel. As die Inbelsentrum nie dadelik vir jou 'n antwoord het nie, sal hulle jou terugskakel. CAPE GATEWAY INSTAPSENTRUM Langstraat 142, Kaapstad, 8001 Vriendelike, ingeligte inligtingsamptenare, wat gedrukte materiaal oor alle Provinsiale Regeringsdienste kan verskaf, werk by die Sentrum. Die Sentrum het ook 'n kennissentrum en gratis internettoegang tot regeringswebbladsye. CAPE GATEWAY WEBBLAD Die nuutste inligting is 24 uur van die dag op die Cape Gateway webblad by www.capegateway.gov.za beskikbaar. |
VERSKAF DEUR:
|
STAATSLIGGAAM:
|
E-Innovation (Department of the Premier, Provincial Government of the Western Cape) |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 September 2004 hersien


