BESKRYWING: |
Die Suid-Afrikaanse regering het in Mei 2004 die nuwe Kleinhandel-effekte van stapel gestuur. Dit vorm deel van die regering se veldtog om mense aan te moedig om te spaar. RSA Kleinhandel-effekte is 'n belegging by die Regering van Suid-Afrika teen 'n vate rentekoers vir die tydperk van die belegging. Jy kan enige bedrag tussen R1 000 en R1-miljoen vir 'n tydperk van twee, drie of vyf jaar belê.
Daar is talle voordele aan besparing deur 'n belegging in RSA Kleinhandel-effekte: Veiligheid
Gewaarborgde Opbrengs
Geen Risiko
Gerief
Toeganklikheid
Benoeming van Begunstigdes
|
VOORSKRIFTE: |
Om in RSA Kleinhandel-effekte te belê, moet jy:
Wanneer jy belê, sal 'n rentekoers kwoteer word wat vir die beleggingstydperk wat jy kies, vas sal wees. Jy kan kies om vir 'n tydperk van twee, drie of vyf jaar te belê. Die rentekoers vir nuwe beleggings word elke maand bepaal en op die RSA Kleinhandel-effekte-webbladadverteer. Die koers wat van toepassing is wanneer jy die belegging maak, geld vir die hele beleggingstydperk. Rente word elke ses maande, op 31 Maart en 30 September, direk in jou bankrekening inbetaal. Jy kan kies of jy die rente by jou belegging wil voeg (oftewel wil herbelê). Om beleggers teen risiko te beskerm, kan jy nie:
Jy het nodig:
As jy tussen 18 en 21 is, sal jy ook die volgende nodig hê:
Jy kan die aansoek soos volg indien:
Jy kan soos volg vir die Effekte betaal:
Nog inligting oor die Effekte is beskikbaar by: Jy kan ook die webtuiste verken of by jou plaaslike poskantoor nog inligting kry. Die webtuiste bevat besonderhede oor die lening, sowel as die heersende rentekoerse. Daar is ook 'n aanlynrekenaar om jou te help uitwerk wat die waarde van jou belegging aan die einde van die beleggingstydperk sal wees. |
|
STAATSLIGGAAM:
|
Nasionale Tesourie (Die Regering van Suid-Afrika) |