Cape Gateway respekteer jou privaatheid.
Sommige anonieme inligting oor jou word outomaties deur Cape Gateway versamel. Hierdie inligting mag die volgende insluit: die soort blaaier wat jy gebruik, toegangstyd, verwysende webwerfaddresse, en bladsye wat besigtig is. Dit word deur Cape Gateway gebruik om ons diens te verbeter, en om algemene saamgevoegde statistieke oor die gebruik van die Cape Gateway webwerf in te samel.
Cape Gateway gebruik ook 'n 'koekie' om jou taalvoorkeur te stoor. ' n Koekie is 'n tekslęer wat deur 'n webbladbediener op jou hardeskyf geplaas word. Koekies kan nie gebruik word om programme te laat loop of jou rekenaar met virusse te besmet nie. Koekies word uniek aan jou toegeken, en kan slegs gelees word deur 'n webbediener in die domein wat die koekie aan jou uitgereik het.
Jy kan koekies aanvaar of wegwys. Meeste webblaaiers aanvaar koekies outomaties, maar jy kan gewoonlik jou blaaier se stellings verander om koekies weg te wys. As jy kies om koekies weg te wys, sal jou taalkeuse nie outomaties opkom elke keer wanneer jy terugkeer na Cape Gateway nie. Geen ander koekies, behalwe die taalkoekie, word deur Cape Gateway gebruik nie.
Geen ander inligting word deur Cape Gateway versamel sonder dat jy daarvan bewus is nie. Ons sal nie enige individuele gebruikersbesonderhede wat ons mag verkry het outomaties of sonder jou kennis aanstuur nie, tensy jy vooraf daartoe ingestem het. Ons verstrek slegs anonieme saamgevoegde statistieke oor gebruikers en besoekpatrone. Ons is nie verantwoordelik vir enige verbreking van sekuriteit of die optrede van derde partye nie.