Die oogmerk van die Wetsontwerp is om uitvoering te gee aan die Tweede Verslag van die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, gedateer 7 Desember 2001, naamlik dat sekere ongemagtigde uitgawes wat deur die Ouditeur-generaal gerapporteer is in die Verslag oor die Rekeninge van die Provinsiale Administrasie van die Wes-Kaap vir die 1999/2000 boekjaar, gemagtig word as 'n direkte las teen die Provinsiale Inkomstefonds. >
Hierdie wet vestig 'n ontwikkelingsbeplanningstelsel vir die Wes-Kaap en ontwikkel raamwerke en standaarde vir ontwikkelingsbeplanning op munisipale en provinsiale vlak, met inbegrip van omgewingsbewaring en die bestuur van grondontwikkeling. Dit het ook te make met die herstel van grondregte en grondbesit. >
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering