Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Laingsburg - Provinsiale Regering Is Verbind Tot Die Afhandeling Van Proses - Opgradering Van Begraafplaas
25 Maart 2004
BRON: Ministerie van Plaaslike Regering en Behuising (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Verlede jaar was die provinsiale regering betrokke by 'n proses van deeglike ondersoek om beweringe te weerlę oor die bestaan van 'n moontlike massagraf in Laingsburg na die 1981 vloede. Alhoewel die verdere hantering van hierdie uiters sensitiewe aangeleentheid nou by die Laingsburg Munisipaliteit berus, is dit in belang van die breë Laingsburg gemeenskap dat die Provinsie nie net versoenend moet optree nie, maar ook daadwerklik betrokke moet wees in die verdere opheffing van die dorp wat verdeeld was deur die beweringe.

Die munisipaliteit gee tans aandag aan die ontwikkeling van 'n toerismesentrum en 'n vloedroete as toeriste aantreklikheid en om by te dra tot die ekonomiese groei van die gebied. In die eerste fase word aandag gegee aan 'n toerismeburo/museum, konferensiekamers, kiosks, ensomeer wat ook die Kabinet se voorstel oor die oprigting van 'n gedenknaald insluit. Hierdie fase word in geheel deur die nasionale Departement van Omgewingsake en Toerisme befonds. Die munisipaliteit wag tans op die oorrol van die fondse.

Om die proses van versoening en heling in die Laingsburg gemeenskap 'n stap vorentoe te neem het die Provinsiale Regering die Munisipale Raad van Laingsburg versoek om oorweging te skenk aan die opgradering van 'n gedeelte van die bruin begraafplaas waar agt vloedslagoffers begrawe is. Dit sal verseker dat die grafte dieselfde erkenning geniet as die gedenkbegraafplaas waar meeste van die vloedslagoffers begrawe is.

Vandag is die provinsiale regering trots om vanuit die Gekonsolideerde Munisipale Infrastruktuur Program 'n bedrag van R200 000 te oorhandig aan die munisipaliteit van Laingsburg vir die opgradering van die Göldnerville Begraafplaas. Met hierdie bedrag dra die provinsie by tot die volledige koste van R250 000 wat insluit die voorsiening van watervoorsieningspype aan die begraafplaas, die aanplant van bome, 'n 200 meter toegangspad, 'n toegangshek tot die begraafplaas, stoorfasiliteite asook 'n ablusieblok.

In ooreenstemming met een van die doelwitte van GMIP sal plaaslike arbeid betrek word in die projek wat ongeveer 1 620 persoonsdae van werk sal voorsien waarvan 30% vroue arbeid sal wees.

Dit is 'n voorreg om deel van die proses te wees ter afsluiting van hierdie Laingsburg hoofstuk. Die Provinsiale Regering het dit van die begin af duidelik gestel dat ons drie oogmerke het: Waarheid, versoening en afsluiting. Dit is in almal se belang dat al die sfere van regering en die gemeenskap van Laingsburg nou moet vorentoe kyk, en saamwerk in belang van die breë gemeenskap van Laingsburg.

- Addisioneel tot hierdie belangrike simboliese oorhandiging is dit ook my voorreg om bekend te maak dat 'n bedrag van R1,3 miljoen goedgekeur is vir Göldnerville en Bergsig by Laingsburg vir die rehabilitering van paaie en verwante stormwater. Met hoë werkloosheid in die streek word dit beraam dat hierdie projek ongeveer 3 520 persoonsdae werk sal skep.

Navrae: Jan Bosman
Sel: 083 775 5312
 
This content also available in English
NUUSARGIEF
2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV     
2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 28 Maart 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo