
Weet jy dalk van iemand wat 'n uitstaande prestasie gelewer of iets besonders in belang van die Wes-Kaap gedoen het?
Die Wes-Kaapse Provinsiale Eerbewysewet (1999) maak dit moontlik vir enigeen om 'n Wes-Kapenaar, of ook buitelanders, wat uitsonderlik gepresteer of buitengewoon verdienstelike diens in belang van die Provinsie gelewer het, vir 'n eerbewys te benoem .
Die volgende Provinsiale Eerbewyse word toegeken:
| Die Wes-Kaapse Goue Kruis | Uitsonderlike prestasie | |
| Die Orde van die Disa Kommandeur: Offisier: Lid: | Voortreflike verdienstelike diens Puik verdienstelike diens Merkwaardige verdienstelike diens | |
| Die Premiersaanprysingsertifikaat | Eervolle vermelding vir mense wat ander met hul verdienstelike en voorbeeldige optrede geïnspireer het. Hier word veral na die jeug gekyk. | |
Jy kan mense benoem wat gepresteer het op tegnologiese, nywerheids-, sake-, arbeids-, akademiese, navorsings-, sport- en kunsgebied, of op die gebied van jeugleierskap of gemeenskapsdiens.
Die Adviespaneel sal alle benoemings oorweeg en dan aanbevelings aan die Premier en Provinsiale Kabinet maak, wat die finale besluit neem ten einde vroeg in 2005 die toekennings te maak.
Sê in nie meer nie as twee bladsye waarom jy die persoon benoem, en stuur dit voor 29 Oktober 2004 saam met jou en die benoemde persoon se volledige kontakbesonderhede aan:
Die Sekretariaat: Wes-Kaapse Provinsiale Eerbewyse
Posbus 560, Kaapstad, 8000
of faks dit na: 021 483 3358.
Nadere besonderhede is verkrygbaar van die volgende persone:
Adv. Dirk Brand
Tel: 021 483 4446
dbrand@pgwc.gov.za
Tel: 021 483 8609
cjoelson@pgwc.gov.za