Teen die einde van Januarie 2005 het die Wes-Kaapse Provinsiale Departement van Gesondheid 6 660 pasiënte by 31 terreine oor die provinsie heen op antiretrovirale behandeling gehad. Daardeur is die doelwit wat vir die huidige boekjaar gestel is, verbygesteek.
Die antiretrovirale behandelingsprogram staan 'n gesinsbenadering tot die voorsiening van antiretrovirale terapie vir die gemeenskap voor deur te bou op die bestaande MIV-sorgnetwerk. Dit identifiseer geskikte MIV-geïnfekteerde individue vir ARV-terapie, en volg ook hul maats op ten einde sodoende lewenslange ARV-terapie te bied.
Die program is daarop gemik om behandeling te verskaf aan mense wat met MIV geïnfekteer is en swanger vroue wat deur omliggende klinieke en die Vroedvrou Obstetriese Eenheid (VOE) in Gugulethu daarheen verwys word. Die sentraal geleë sentrum kan dus funksioneer as 'n behandelings- en 'n opleidingsentrum.
Die Hannan Crusaid-ARV-behandelingsentrum verteenwoordig die algehele proses van ARV-bekendstelling in die Wes-Kaap, sê Pierre Uys, MEC vir Gesondheid Wes-Kaap.
EINDE
Uitgereik deur:Die Wes-Kaapse Provinsiale Departement van Gesondheid
Kontak: Die Kommunikasie Direktoraat
Tel: +27 21 483 3235/ 483 3716/ 483 3245