Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Paasboodskap 2006
13 April 2006
BRON: Premier van die Wes-Kaap (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Paasfees is die heiligste tydperk in die godsdienstige jaar vir ons Christen-susters en -broers. Dié tyd is ryk aan geestelike simbole en tradisies ter nagedagtenis van Jesus se gevangeneming, verhoor, dood en opstanding.

Die afwagting op Paasfees begin vir die meeste Christene met Aswoensdag wanneer daar met as van die palmblare wat by die vorige jaar se optog op Palmsondag gebruik is, 'n kruisie getrek word op Christene se voorkoppe as teken van berou. Die 40 dae van Aswoensdag tot Palmsondag is die Vastyd en word gekenmerk deur selfonthouding en geestelike verruiming.

Op Palmsondag word Jesus se triomfantelike aankoms in Jerusalem herdenk, toe skares armes hom tot aardse Koning verklaar het en hom met swaaiende palmtakke verwelkom het. Op die daaropvolgende Donderdagaand van die Heilige Week het Jesus egter die 'Laaste Avondmaal' of Joodse Pasga saam met sy twaalf apostels gevier. Daarna, deur Judas se toedoen, is hy vir verraad in hegtenis geneem terwyl hy besig was om in die Tuin van Getsemane te bid.

Die destydse godsdienstige en politieke leiers het Jesus ter dood aan die kruis veroordeel. Hy moers sy eie kruis na die Kopbeenplek buite die stad dra waar hy saam met twee diewe gekruisig is. Ter nagedagtenis hieraan is kerke op Goeie Vrydag gestroop van enige ornamente om Jesus se afwesigheid te simboliseer.

Christene gedenk die 'Sewe Kruiswoorde' en die bonatuurlike gebeure op Goeie Vrydag met bidure. Daar is 'n groot mate van hartseer oor Jesus se opoffering om die mens en God te herenig. Tradisioneel word Paasbolletjies ('hot cross buns') wat die kruisiging versinnebeeld, op Goeie Vrydag voorgesit.

Op Paassondag het Maria Magdalena op die leë graf afgekom en die opstanding van Jesus uit die dood lei tot groot feesviering en danksegging. Paaseiers word uitgeruil om die leë graf te simboliseer.

Aan almal wat hierdie geestelike reis van Jesus onderneem, wens ek 'n sinvolle groeitydperk toe. Jesus word deur so vele godsdienste geëer en leer ons dat ons baie meer daaruit kry om in 'n beter toekoms te belê as om kortstondige glorie te soek.

Ebrahim Rasool
Premier van die Wes-Kaap
 
This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa
NUUSARGIEF
2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 April 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo