Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Klein Karoo Nasionale Kunstefees 2006
29 Maart 2006
BRON: Premier van die Wes-Kaap (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Boodskap Deur Wes-Kaapse Premier Ebrahim Rasool

Kultuurfeeste in die Wes-Kaap het een ding gemeen: hulle slaag daarin om 'n spieël op te hou waarin gemeenskappe in ons provinsie hulself as diverse groepe - almal ingeweef in een ryke Wes-Kaapse mosaďek - kan sien.

Om waarlik 'n Tuiste vir Almal in die Wes-Kaap te kan bou, is dit belangrik dat ons oop maak vir mekaar en 'n ruimte skep waarin ons vry is om met mekaar te skakel. Dít is wat kuns- en kultuur- en gemeenskapsfeeste soos die Klein Karoo Nasionale Kunstefees so waardevol en verrykend maak.

Ons moet voortgaan om ons mense voor te stel en bloot te stel aan die ryke verskeidenheid kulture, geloofsrigtings, praktyke en waardes in die Wes-Kaap, en hulle in staat stel om die plesier te smaak wat ontstaan wanneer mense mekaar werklik begin verstaan en 'n diepe begrip vir mekaar ontwikkel.

Dit is waarom die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap voortgaan om ikoniese gebeurtenisse en feeste soos die KKNK en ander feeste in die provinsie te ondersteun: dít is uiters belangrike geleenthede om meer te leer van en uit te vind oor wat vir ons as mede- Wes-Kapenaars kosbaar is.

Die beeld in die spieël is 'n mooi een - kom ons sorg dat soveel moontlik mense dit sien en die skoonheid daarvan geniet.

Aan die bestuur, deelnemende kunstenaars, borge, die gemeenskap van Oudtshoorn en die omliggende gebied en alle ander rolspelers, baie dankie dat u saam met ons bou aan 'n Tuiste vir Almal. Beste wense vir nog 'n spogfees!

Met vriendelike feesgroete
Ebrahim Rasool
Premier van die Wes-Kaap
 
This content also available in English
NUUSARGIEF
2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV     
2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Maart 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo