Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Stadsoorsig: Nuusbrokkies uit die Raadsvergaderings van die Stad Kaapstad van 31 Januarie 2007
8 Februarie 2007
BRON: Stad Kaapstad
Hooftrekke

  1. Kaapstad stel nuwe Onder-burgemeester aan
  2. Kaapse Vlakte kry drie verdere natuurterreine
  3. Geen verandering aan munisipale grense
  4. Stad kry R2,3 miljoen vir waterprojekte
  5. Claremont Boulevard-ontwerp goedgekeur
  6. Stad en Provinsie ruil grond vir behuising
  7. Stad dien Diensleweringpsplan in

KAAPSTAD STEL NUWE ONDER-BURGEMEESTER AAN

Raadslid Charlotte Williams van die OD het Rdl Andrew Arnolds van die ACDP vervang as die nuwe Uitvoerende Onder-burgemeester van Kaapstad. Me Williams (50), 'n voormalige voorsitter van die Mitchells Plain-Subraad, dien al sedert 1996 as raadslid. Rdl Arnolds word die Burgemeesterskomiteelid vir Sport & Ontspanning. (C02/01/07)

Medianavrae: Rdl Dirk Smit, Tel: (021) 400-1287

KAAPSE VLAKTE KRY DRIE VERDERE NATUURTERREINE

Die Kaapse Vlakte Natuur-inisiatief, wat daarop gerig is om 'n volhoubare bestuur van stedelike natuurbewaringsterreine in die stad Kaapstad te vestig, gaan met drie verdere biodiversiteit netwerke uitgebrei word - by Harmony-vlakte, Mamre en Silverstroomstrand. Dié uiters suksesvolle vennootskap, wat in 2002 van stapel gestuur is, het kapasiteit geskep vir vier loodsprojekte by Wolfgat Natuurreservaat, Macassar-duine, die Edith Stephens Vleilandpark en Harmony Vlakte Natuurreservaat. Kaapse Vlakte Natuur het R307 000 verkry vir die nuutste uitbreiding en die Stad sal die bydrae vir die tydsduur van die twee-jaar projek nadoen. (C10/01/07)

Medianavrae: Osman Asmal, Tel: (021) 487-2200 Rdl Marian Nieuwoudt, Tel: (021) 400-1307

GEEN VERANDERING AAN MUNISIPALE GRENSE

Die Munisipale Afbakeningsraad het 'n voorstel om die Drakenstein Munisipaliteit, Kaapse Wynland en Stellenbosch by Kaapstad in te sluit, verwerp. Die raad het ook besluit om twee Weskus-plase uit Kaapstad se munispale grense te onttrek en by die Swartland en Weskus munisipaliteite te voeg. (C12/01/07)

Medianavrae: Adv Brent Gerber, Stad Kaapstad, Tel: 400-2471

STAD KRY R2,3 MILJOEN VIR WATERPROJEKTE

Die Stadsraad het die besteding van 'n R2,3 miljoen-skenking, voor die einde van Junie 2007, van die Nasionale Departement van Waterwese en Bosbou goedgekeur vir die gemeenskapsgebaseerde Masibambane projekte. (C14/01/07)

Medianavrae: Danie Klopper, Wateraanvraagbestuur, Tel: (021) 590-1488

CLAREMONT BOULEVARD-ONTWERP GOEDGEKEUR

Die Stadsraad het die uitleg van die Claremont Boulevard, wat die ou Claremont verbypad vervang, goedgekeur. (C15/01/07)

Medianavrae: Eddie Chinnappen, Vervoer, Paaie & Stormwater, Tel: (021) 400-1168

STAD en Provinsie ruil grond vir behuising

Vyf stukke grond wat vir die N2 Gateway projek geoormerk is, sal deur die Stad Kaapstad aan die Provinsiale Departement van Plaaslike Regering en Behuising oorgedra word. Die eiendomme is Joe Slovo in Langa, New Rest in Guguletu, Boystown in Crossroads, Delft dorpe 7-9, en Delft Symphony. In ruil daarvoor onderneem die provinsie om die Stad se behuisingstoekenningsbeleid toe te pas; grond te gee in Ocean View, wat die stad benodig om klip te stoor wat van 'n aangrensende behuisingsontwikkeling verwyder word; en grond oor te dra in Blackheath wat die Stad benodig om die Happy Valley behuisingsprojek te implementeer. (C32/01/07)

Medianavrae:Rdl Dan Plato, Tel: (021) 400-1304

STAD DIEN DIENSLEWERINGPSPLAN IN

Die Stad het 'n diensleweringsbegrotingsplan vir 2006/7 en 'n drie-jaar kapitale plan van R8,4 miljard goedgekeur. Die dienste wat gelewer word, word onder 68 departemente verdeel, en sluit in water en rioleringsinfrastruktuurprojekte tot die opgradering van munisipale geriewe. (C33/01/07)

Medianavrae: Dr Martin van der Merwe, Tel: (021) 400-4483


UITGEREIK DEUR:
JAN KRUGER, KOMMUNIKASIE-DIREKTORAAT, STAD KAAPSTAD

Tel: 400-1292
 
This content also available in English
NUUSARGIEF
2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 Februarie 2007 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo