Wat Is 'n Kredietooreenkoms?
Wanneer jy iets op krediet koop, sal jy 'n kredietooreenkoms moet onderteken. Dit is 'n wettige kontrak en moet die volgende inligting bevat:
- Die name en adresse van die koper en die verkoper.
- 'n Beskrywng van die goedere.
- Die kontantprys en die ander koste (finansieringskoste, versekering, ensovoorts) wat die totale prys uitmaak wat die koper moet betaal. Die rentekoers wat van toepassing is, moet ook ingesluit word.
- Die deposito wat vereis word ('n deposito moet betaal word).
- Die bedrag van elke paaiement, wat die laaste paaiement insluit, en die dag van die week of maand waarteen dit betaal moet wees.
- 'n Nota wat die koper inlig dat die verkoper steeds die goedere besit totdat die volle prys betaal is.
Jy moet 'n kopie van die kredietooreenkoms kry. Jy moet dié dokument op 'n veilige plek hou.
INHOUD: Krediet en Lenings
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2004 hersien