Mense kan jou soms seermaak of bang maak deur:
KINDERS HET OOK REGTE! Niemand mag jou seermaak nie |
- jou te slaan
- jou te stamp
- iets anders te doen wat jou seer- of bangmaak
- deur te sê dat hulle jou of iemand vir wie jy lief is of jou troeteldier gaan seermaak
- jou die skuld te gee vir iets wat jy nie gedoen het nie.
Dit is nie jou skuld nie!
Jy verdien nie om seergemaak te word nie.
Mense mag nie die dinge doen nie
- selfs as hulle ouer of groter as jy is
- selfs as hulle jou ma of pa is
- selfs as jy iets verkeerd gedoen het
As iemand vir jou kwaad is, moet hulle met jou daaroor praat. Hulle mag jou nie slaan nie.
- Vertel iemand wat kan help
- Hou aan vertel totdat iemand help
- Bel die Kinderhulplyn - 08000 55555 of die Polisie - 10111.
Jou liggaam behoort aan jou!
Mense sal dalk partykeer probeer
Jy kan - sê nee! Hardloop weg of vertel iemand Hou aan om iemand te vertel totdat iemand luister Bel die Kinderlyn - 0800 55555 Bel die Polisie - 10111 |
- om aan jou privaatdele te vat
- jou te vra om aan hulle privaatdele te vat
- jou prentjies te wys van mense wat sulke dinge doen, of wat nie klere aan het nie.
Dit word seksuele uitbuiting genoem. As dit met jou gebeur het, is jy nie alleen nie.Dit is nie jou skuld nie!
Mense mag nie dié dinge aan jou doen nie.
- self as jy hulle ken
- selfs as hulle ouer as jy is
- selfs as hulle gaaf is met jou
- selfs as dit jou ma of pa, jou oom of jou bure is
Niemand verdien om uitgebuit te word nie!
Daar is ook ander dinge wat jy kan doen om te help om veilig te bly.
Jy moet weet
- wat jou huisadres is
- wat jou telefoonnommer is
- die adres en telefoonnommer waar jou ma of pa werk
- die naam, adres en telefoonnommer van iemand anders wat jou kan help as jou ma of pa nie by die huis is nie
- die telefoonnommer van die Polisie en die Kinderlyn.
As jy bang is of van iemand weet wat hulp nodig het, praat met iemand wat jy kan vertrou, soos jou ma of pa, jou onderwyser, jou dokter, die polisie of iemand by jou kerk.
Moenie dit inhou nie - praat met iemand!