Alkohol speel 'n groot rol in baie ongelukke in Suid-Afrika, en is 'n faktor by omtrent die helfte van alle motorvoertuig-verwante sterftes.
As jy te veel gedrink het, moet jy nie self huistoe bestuur nie:
- Ontbied 'n taxi of gebruik openbare vervoer.
- Laat iemand wat nugter is jou huistoe neem.
- Bly waar jy is en ry die volgende dag huistoe.
Jy mag nie in die bestuursitplek wees van 'n voertuig op 'n openbare pad met die enjin wat loop as jou bloed-alkoholvlak meer as 0,05 gram per 100 milliliters is nie.
Daar is geen eenvoudige manier waarop jy kan vasstel hoeveel jy veilig kan drink voordat jy bestuur nie! Jou bloed-alkoholvlak word bepaal deur 'n wye reeks faktore en verskil van persoon tot persoon. Die uitwerking van alkohol op optrede verskil ook. Oor die algemeen is die beste antwoord "Moenie Drink en Bestuur" nie.
Van die faktore wat jou bloed-alkoholvlak beïnvloed sluit in die alkohol wat jy gedrink het, jou massa, jou krag, of jy nie-alkoholiese drankies ingeneem het, wat jy geëet het, of jy medikasie geneem het, die temperatuur van die drankie, ens.
In proefnemings het al die deelnemers (manlik en vroulik) die wettige perk na twee biere oorskry.
Kliek vir meer omvattende inligting oor drink en bestuur hier.
Om die alkoholvlakke na te gaan wat van toepassing is op jou geslag, massa, ens., maak gebruik van die virtuele alhokoltoets.
- Spoed
- Dronkbestuur
- Nagbestuur
- Padwoede
- Lomerigheid