Reg op die Bevrediging van Basiese Behoeftes
Alle verbruikers het die reg op basiese noodsaaklikhede en dienste soos voldoende kos, drinkwater, skuiling, klere, gesondheidsorg en onderwys.
Reg op Veiligheid
Verbruikers het die reg om hulleself teen onveilige produkte en dienste te beskerm. Onveilige produkte kan eiendom beskadig en selfs tot beserings en die dood lei.
Reg om Ingelig te Wees
Verbruikers het 'n reg op volledige inligting oor prys, hoeveelheid en bestanddele van verskaffers van produkte en dienste.
Reg om te Kies
Verbruikers het die reg om uit 'n verskeidenheid produkte en dienste teen mededingende pryse te kies.
Reg om Gehoor te Word
Verteenwoordiging: Verbruikers het die reg om hulle mening te lug oor kwessies, beleid, planne, programme en besluite wat hulle raak.
Reg op Vergoeding
Verbruikers het die reg om vergoed te word as hulle klagtes het oor swak, onveilige, oormatige duur produkte en dienste, oordrewe aansprake en ander onregverdige verbruikerspraktyke.
Reg op Verbruikersopvoeding
Verbruikers het 'n reg op inligting wat hulle in staat stel om ingeligte en oortuigde besluite oor produkte en dienste te neem.
Reg op 'n Gesonde en Volhoubare Omgewing
Verbruikers het die reg om in 'n omgewing te leef en te werk wat nie hulle gesondheid en voortbestaan bedreig nie en geen gevaar vir huidige en komende geslagte inhou nie.
Meer inligting oor verbruikersregte is beskikbaar op die Nasionale Verbruikersforum se webblad.