Laat my onmiddellik begin deur vir u dankie te sê vir die eer wat u my aangedoen het om my uit te nooi om hierdie konferensie te kom open.
Sedert my aanstelling as minister van Landbou in die Wes-Kaap 'n jaar gelde, het ek werklik waar elke dag 'n nuwe leerervaring ondergaan. Hoewel daar baie van u is met wie ek die afgelope jaar kennis gemaak het, is dit voorwaar vir my 'n voorreg om ook by hierdie forum met u 'n paar woorde te wissel.
Soos wat ek verstaan het, het u bedryf vanaf 1991 gegroei tot meer as 470 abattoirs. Dit is hoofsaaklik teweeggebring deur die die regulasieproses wat plaasgevind het.
Die proses waar lewende hawe tot bruikbare vleis omskep word, verg uiteraard hoë standaarde van voedselveiligheid en dit is duidelik uit u missieverklaring dat u dit wil bereik deur die daarstelling van gespesialiseerde opleiding en tegniese ondersteuning. Die bemagtigingsrol wat u deur middel van Inligtings verspreiding speel, sorg dat u nie net abattoir eienaars se belange dien nie, maar dat dit bydra tot die hoë standaarde van veiligheid en kwaliteit wat nodig is om die Rooivleisbedryf te laat groei deur die vertroue wat dit by die verbruiker skep.
Dit is egter ook belangrik dat ons sal besef dat dit nie alleen u taak is nie, maar dat die Regering ook 'n groot rol moet speel om deur ons ondersteuning, toestande te skep wat bevordelik is vir groter groei in u bedryf.
Die Departement van Landbou in die Wes-Kaap en ekself plaas nie net 'n baie hoë premie op goeie verhouding met die bedryf nie, maar strewe daarna om sover moontlik 'n groot ondersteunende rol te speel.
U is almal bewus van die krisisse wat ons die afgelope jaar beleef het, beide wat varkboere en die volstruisbedryf aanbetref. Die wyse waarop ons mekaar se hande kom vat, om uit een mond te praat om sodoende aan die einde van die dag die regte besluit te kon neem wat tot voordeel van die bedryf is, behoort te dien as 'n voorbeeld wat vermag kan word as ons saamstaan om oplossings te vind vir die uitdagings wat ons elke dag in die gesig staar.
Die belangrikheid van Navorsing as ondersteuning vir kommersiële boere kan nooit oorbeklemtoon word nie en ek glo dat die plig van die Regering is om te sorg dat ons aan die voorpunt bly as ons markaandeel wil vergroot, ook binne u bepaalde bedryf.
Navorsing en die toepassing van resultate het nie net direkte invloed op die bedryf nie, maar die waardeketting help om ook meer werksgeleenthede te skep. In 'n navorsingsverslag oor 'n wiskundige voedingsoptimerings model vir volstruise om die voedingsbehoeftes van slagvoëls te beraam, skryf Tertius Brand van die Wes Kaapse Department van Landbou as volg:
Die Volstruisindustrie is oorwegend 'n Suid Afrikaanse Industrie en voorsien volgens die jongste syfers van die Suid-Afrikaanse Volstruisbesigheidskamer ongeveer 60% van al die volstruisprodukte in die wêreld. Die bruto waarde van die Industrie is ongeveer R770 miljoen per jaar, terwyl die voervervaardigingsindustrie voer met 'n waarde van ongeveer R550 miljoen per jaar aan die industrie lewer.
Dit word bereken dat vir elke R1 mijoen toename in die primêre Volstruisindustrie 67 werksgeleenthede geskep word. Vir elke R1 miljoen toename in die vleis prosesseringsindustrie word 'n verdere 21 werksgeleenthede gegenereer. Een miljoen rand toename in die Voervervaardigingsindustrie sal 'n verdere 42 werksgeleenthede genereer. Die industrie gaan egter gebuk onder die gebrek aan betroubare wetenskaplike inligting oor die voedingsbehoeftes van volstruise, die ware voedingswaarde van grondstowwe vir volstruise, sowel as betroubare voedings- en bestuurs sisteme vir volstruise. Wisselinge in voerkwaliteit kan ook lei tot wisselinge in die kwaliteit van eindprodukte, wat die eise vir hoë markpryse in die wiele kan ry.
Voerkoste maak 70 - 80% van die totale operasionele koste van 'n intensiewe volstruisproduksie eenheid uit en enige toename in betroubare wetenskaplike inligting en bestuurs- sisteme sal die winsgewendheid van die Industrie verhoog. Dit op sigself sal lei tot 'n uitbreiding in beide die omvang van geleenthede en die winsgewendheid van die Industrie.
Een van die hoekstene van landbou se bydrae tot die ekonomie is doelgerigte voorpunt navorsing. Vir hierdie doel is byna R46 miljoen vir Tegnologie, Navorsing en Ontwikkeling bewillig in die landbou begroting vir hierdie jaar.
Wat navorsing betref is dit belangrik om te beklemtoon dat dit langtermyn van aard is, met uitkomste gerig op die bevordering van die mededingendheid en volhoubaarheid van die landbousektor, met ander woorde op ekonomiese groei wat weer werkskepping en -instandhouding tot gevolg het. Inligting, soos gegenereer deur die navorsingsaktiwiteite van die Departement, vorm dan ook die hoeksteen van tegnologie-oordrag en boerdery-ondersteuningsprogramme aan die totale landbougemeenskap van die Wes-Kaap.
Biotechnology based scientific applications are regarded as the cutting edge frontier in many scientific fields, including agricultural production. The advancement of Biotechnology in South Africa is also a national and provincial priority.
The Western Cape is fortunate to be well endowed with knowledge based scientific institutions and is committed to enhance its status as an African knowledge and science hub.
R25,4 miljoen van die navorsingsbegroting word aangewend vir die befondsing van direkte navorsing, waarvan R9,8 miljoen spesifiek vir diereproduksienavorsing is. 'n Verdere bedrag van ongeveer R2,0 miljoen is spesifiek geoormerk vir die ontwikkeling en opgradering van navorsingsinfrastruktuur op die sewe proefplase van die Departement. Die rol wat hierdie proefplase as buitelug laboratoria speel vir die demonstrasie van beste landboupraktyke, kan nie onderskat word nie. Dit speel ook 'n sleutelrol in die opleiding van die groeiende opkomende landbousektor van die provinsie.
The Western Cape Department of Agriculture has established a dedicated sub programme in the Directorate of Veterinary Services to attend to the safety of food from animal origin. The need for such a dedicated unit was triggered by increased national and international concerns on diseases of animals that could threat human health such as the outbreaks and rapid spread of Avian Influenza in poultry in Asia, Mad Cow Disease in the UK and the rest of Europe. Outbreaks of animal diseases closer to home such as the recent outbreaks of Blue Ear Disease and Salmonellosis in pigs in the Western Cape and Avian Influenza in ostriches in the Eastern Cape and at a later stage the identification of antibodies in the Western Cape, caused concern.
Intensified international traffic, global competitiveness and the escalating international trade in agricultural products inevitably creates a global supermarket with easy access to food from all over the world. However, the globalisation of trade in food from animal origin also increases the necessity for governments to render guarantees on safety of food for human consumption. Consumers regard government as the custodian on issues related to food safety and it was therefore for this very reason that the Department of Agriculture in the Western Cape created a sub programme dealing specifically with food safety issues.
Services are also rendered to five ostriches meat export establishments in accordance with the strict requirements of international trade partners such as the European Union. The main focus is on the safe production of red meat and poultry meat in the Province. The Meat Safety Act 2000 (Act 40 of 2000) serves as a basis for the activities and initiatives and defines the legal mandate.
The production of safe meat is guided by certain critical generic principles which are generally characteristic of meat safety control systems throughout the developed world and which are also supported and applied by the Department.
Voorsitter, ek het miskien ietwat baie gekonsentreer op die Wes-Kaap, maar ek het gevoel dat dit nodig is dat ek vir u 'n Wes-Kaapse perspektief gee.
Ten slotte wil ek u bedank vir die baie belangrike rol wat u speel om toe te sien dat ons voldoen aan die internasionale standaarde deur middel van u strategiese doelwitte wat u vir uself gestel het en die dienste wat u lewer ten opsigte van opleiding, voedselsekuriteit, tegnies en aanverwante dienste. Die feit dat u organisasie op soveel forums, beide nasionaal en internasionaal verteenwoordig is, is 'n aanduiding van die groot waarde wat u toevoeg tot die uitbou, nie net van Landbou nie, maar die ekonomie as 'n geheel. Ek wil u baie sukses toewens met die konferensie en die hoop uitspreek dat u werklik 'n vrugtevolle tyd hier in die Wes-Kaap sal ervaar.