Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Word ons Vennote
DEUR: Cobus Dowry, Provincial Minister of Agriculture
IN: Gradeplegtigheid - Agri-Wetenskappe en Ingenieeurswese
14 Desember 2006
As ek vanoggend vir u sê dat dit werklik waar vir my 'n besondere eer en voorreg is om hier by u te wees, dan doen ek dit binne die konteks van transformasie en die geleenthede wat daar binne die Nuwe Suid-Afrika vir ons almal behoort te wees. Ek sê dit omdat ek nooit kon dink dat ek eendag 'n gehoor van studente op Stellenbosch sou toespreek nadat ek in standerd sewe die skool moes verlaat en as 'n arbeider op 'n plaas hier in die Klapmuts omgewing begin werk het nie. Ek staan vandag hier in nederigheid omdat ek deur die geloof wat ander mense in my gehad het, my Meestersgraad in Teologiese Etiek kon behaal. Vandag is ek bevoorreg om as Minister, die politieke funksionaris van Landbou in die Wes-Kaap te wees.Prof Botman, ek dra graag die gelukwense vanaf Landbou in die Wes-Kaap aan u oor met u aanwysing as nuwe rektor van hierdie Universiteit. Laat my ook toe om u te bedank vir die wonderlike verstandhouding en gees van samewerking wat daar tussen hierdie Fakulteit en die Departement van Landbou in die Wes-Kaap, en in die besonder die Kaapse Instituut vir Landbou Opleiding, bestaan. Ons is trots op hierdie verbintenis en eweneens trots op die eerste 68 studente wat hier hulle B.Agric graad sal ontvang; 52 vandag en die ander 16 in Maart 2007.

The fact that this is a joint ceremony of the Agri and Engineering sciences is no coincidence. I am of the opinion that Engineering science has a major role to play in the sustainable management of our agricultural resources and our ability to produce agricultural products of a high quality.

I believe that as South Africans we are faced with two major challenges in the Agricultural sector. Globally the marketplace is changing on a daily basis with its own specific set of demands for Agriculture. We have to keep up with the highly competitive invaders of our traditional export markets and unequal competition with subsidised produce that is offered to the consumers at a much lower prices, even in our own country. Many of these countries understand the value of ongoing research with the emphasis on nisch markets.

Locally we have to deal with the total transformation of the Agricultural sector in order to rectify the injustices of the past and to make sure that land is distributed in a orderly fashion at the same time ensuring that all new entrants to agriculture become sustainable farmers who can contribute to the growth of the sector and thus making a meaningful contribution to the economy of the country.

Not only is the Government of the Western Cape placing a high premium on the development of Human Capital in our strategy for Ikapa Elihlumayo, it is also one of the core aims of ASGISA. We believe that we can develop our human capital to become more productive and susceptible to the challenges of an ever-changing environment. Human capital development can therefore make a significant contribution to attain the goals for sustainable growth in Agriculture as a whole.

It is with this in mind that we have developed a Human Capital Development Strategy for Agriculture that underpins the importance of the human element for the future of the sector. One of the endeavours of the strategy is to raise the awareness of people in and outside the sector about agriculture and to give recognition to the importance of the sector in the further growth of the economy.

If we want to deal adequately with the challenges of transformation in agriculture we will have to ensure that all the people of the will share in the growth envisaged and planned for. We have to tie in with the bigger objectives of a growth and development strategy. In this regard we have already developed the Agricultural and Agri Business Sector Plan that emphasises the goals of the sector and seeks to concretise the concepts and to finally bring the objectives to fruition. Without the skills required our vision with and planning of the Sector Plan, and Accelerated Shared Growth Initiative for South Africa (ASGISA) will be in vain.

We need to recognise that fundamentally, the skills required for the next decade or two must be developed now, and that the opportunities in Agriculture must and will be shared with our young people. Young people must be informed, must be motivated, must be supported and must be encouraged to take up agricultural careers. Only through your endeavours can the current and future generations of farmers be served to reach the ultimate goal of being successful and competitive within a global context.

I believe that we need to invest fearlessly in our youth to change the face and complexion of the sector and to deal with the challenges set by our global competitors. We will however fail in our duty if we do not make sure that we incorporate young people from our disadvantaged communities to take up their rightful place within this sector.

Die uitdaging lê verder daarin dat ons as vennote ons programme so sal plooi dat ons te gelykertyd tred sal hou met die behoeftes en probleme van die bestaande industrieë deur middel van volgehoue doelgerigte voorpunt navorsing, terwyl ons die nodige ontwikkelingsgeleenthede skep vir jong groeiende toetreders soos fynbos, buchu, rooibostee en essensiële olies.

U as afgestudeerde Landbou en Ingenieur studente het die rol om 'n betekenisvolle bydrae te lewer binne die waarde ketting van Landbou om sodoende volgehoue groei van die sektor en die ekonomie te verseker. Die vraag is waarvan moet u bewus wees. Ek noem graag vir u 'n paar.

  1. Grondhervorming en Swart ekonomiese bemagtiging in Landbou (AgriBEE);
  2. Die vervaardiging van veilige, gesonde sowel as omgewings- en sosiaal vriendelike landbou produkte;
  3. Die toenemende nasionale en internasionale sensitiwiteit oor die veiligheid van voedsel van dier- en plant oorsprong plaas groot druk op die lewering van standaarde wat vereis word vir uitvoer sertifisering op hierdie produkte en vir verspreiding vir nasionale huishoudelike gebruik;
  4. As gevolg van die internasionale gemeenskap se sensitiwiteit oor die teenwoordigheid van chemikalieë en ander faktore wat gesien word as nadelig vir die omgewing en menslike gesondheid, word pro-aktiewe monitering van sulke stowwe n vereiste en sal ons moet verseker dat gesonde boerderypraktyke toepas word om rekords daar te stel wat bo verdenking is.
  5. Die hantering van uitdagings deur kompetisie van sommige van ons mededingers as gevolg van subsidies en tarief plafonne en die beskerming van bestaande buitelandse markte.
  6. Die skuif van kommoditeits gedrewe produksie na die 21ste eeuse niche produkte en markte en die ontwikkeling en verowering van hierdie markte met landbouprodukte met 'n hoë voedingswaarde, met gepaardgaande waarde toevoeging deur middel van verwerking van die basiese produk.
  7. Konstruktiewe bydrae tot die ontwikkeling van Afrika deur NEPAD.

Ons sal op 'n effektiewe wyse tegnologiese ontwikkelings moet inisieer wat aan ons die nodige voorsprong in die volgende dekade sal voorsien ten einde volhoubare boerdery praktyke te verseker.

Klimaatsverandering vra van ons om proefnemings te doen met nuwe gewasse en variëteite en die aanwending van satelliet tegnologie om weerstoestande en groeipatrone te bepaal. Ek is bewus daarvan dat u reeds ver gevorder is met u eie programme in hierdie verband. Ek wil die hoop uitspreek dat ons in die toekoms baie nou met mekaar sal kan saamwerk om hierdie program verder uit te bou.

Die vooruitgang van die Landbousektor is direk gekoppel aan die mate waartoe primêre produksie ooreenstem met die behoeftes van die ekonomie, beide wat direkte verbruik van basiese kommoditeite en die vraag na landbouprodukte vir verwerking aan betref asook rou produkte in die vervaardigingsbedryf. Dit is daarom dat dit belangrik is dat die visie vir Landbou binne die breër visie van die globale ekonomie gesien moet word, eerder as 'n beperkte fokus op basiese Landbouproduksie.

Om hierdie rede is dit belangrik dat ons met mekaar in 'n vennootskap sal tree om saam met ons maatskaplike en besigheidsvennote daarna te streef dat Landbou sy volledige bydrae kan maak tot ekonomiese stabiliteit en groei en ontwikkeling wat tot voordeel moet strek van almal in die land. Ek wil vandag aan u as Graduandi 'n uitnodiging rig om van meet af aan deel te wees van hierdie vennootskap. Ons het u nodig.

Ek wil afsluit deur vir u te vra hoe gereed is u vir die opwindende uitdagings wat vir ons voorlê en hoe bereid is u om hierdie pad te stap. Ek wil u geluk wens met u akademiese prestasies en die positiewe resultate op u harde werk( miskien vir sommige minder hard as vir ander) en vir u alle seën toewens op u pad vorentoe.

Navrae:
Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za
 
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 Desember 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo