Dit is ook om hierdie rede dat ons selfs internasionale ooreenkomste aangaan om plaaswerkers oorsee te neem en op te lei as wynmakers en kaasmakers. Ons het reeds 32 wynmakers en 8 kaasmakers in Frankryk laat oplei en stuur volgende maand 4 persone na Frankryk om ondervinding in vatmakery en die instandhouding van vate, te gaan opdoen. Ons is trots op die prestasies wat van hierdie mense al behaal het met kampioen wyne en kase.
Daar is baie mense wat namens u as plaaswerkers wil praat en wil voorgee dat hulle u omstandighede wil verander. Die feit is dat baie van daardie mense self nog nooit ‘n dag se werk op ‘n plaas gedoen het nie. Hulle wil nou skielik vir ons kom sê hoe ons moet maak om u lewensomstandighede te verbeter, terwyl ons reeds op ‘n gestruktureerde manier saam met die plaaswerkers van hierdie provinsie die probleme geïdentifiseer het en die plan daargestel het om dit aan te spreek. Die regering van die Wes-Kaap wil saam met u en die produsente en ander welmenende organisasies werk om u lewensomstandighede te verbeter.
The Department of Agriculture is contributing to the upliftment of farm workers through various agricultural skills development initiatives by supporting capacity building projects and implementing agriculture related projects, but it cannot address the social needs of farm workers on its own. In order to offer a comprehensive and effective service, the Department recognises the role that other departments must play in support of the farm workers.
An interdepartmental committee started its duties on Wednesday, 13 February 2006. The committee meets regularly on a monthly basis with Representatives from 18 departments and organisations attending the meetings.
The committee has already evaluated its first proposal during September. It is a multi-purpose project that will involve the following departments: Agriculture: Western Cape, Education, Health, Sport and Culture, Social Development, Labour and the Farmers, the community and farm worker organisations.
The focus of the proposal is to uplift and better the living conditions of farm worker’s children in the Aan De Doorns region. There is a great need for a multi-purpose community hall, an extra classroom, a crèche and facilities for a rugby and soccer field. The land is next to the Aan De Doorns Primary School and will be provided by Mr Steven Hugo, a farmer in the region. The different stakeholders and representatives from the different departments had its first meeting on 9 October 2006 at Aan De Doorns.
A very good working relationship and networking between the different departments have been established over the past eight months, which foster integration and forge linkages with all role-players. Through forming linkages and networks the different departments who are responsible for development among the poor, gained a broader picture and started to think wider and broader.
Die seisoen van hoop waarvan President Mbeki vroeër vanjaar gepraat het moet nie net vir u ‘n droom bly nie, dit moet aan u die geleenthede bied om u lewensomstandighede te verbeter. Om ware gestalte te gee aan hierdie seisoen van hoop sal daar egter nog baie aanpassings en veranderings moet kom om dit ‘n beter plek vir ons almal te maak. Dit kan net gebeur as ons bereid is om ‘n rekonstruksie en ontwikkeling van ons denke en ons optrede toe te laat. Oud President Mandela praat van ‘n RDP of the soul.
When we talk about change I believe that each one of us must carry within in ourselves the very change that we want to see. We need to take up the challange to start doing things for ourselves, rather to wait for others to do those things. Farmworkers must look at the opportunities that the Government is creating and producers need to allow you to broaden your horizons by taking part in these programmes.
Our Department provides appropriate agricultural training to improve the skills of farm workers in order to give to you certified acknowledgement of the training that you have completed.
Ons het nodig dat u, u kinders moet lief maak vir landbou, sodat hulle hulleself kan bekwaam vir die landbou deur formele opleiding. Soos wat ons wil hê dat u gebruik moet maak van die Kaapse Instituut vir landbou opleiding, wil ons ook hê dat plaaskinders hulle op Elsenburg moet kom toerus om hulle plek vol te staan binne Landbou.
Die jong mense van vandag is nie soos ons nie. Daar word gesê dat die jeug van vandag in hul lewe tot 5 keer van beroep gaan verander. Die jongmense van vandag is leergierig, heeltyd opsoek na nuwe uitdagings. Ons moet vir hulle wys watter wonderlike uitdagings en loopbane daar in Landbou is.
Daar word so maklik gedink dat as jy in ‘n Landbou-rigting studeer of werk dat jy die een gaan wees wat net die vrugte moet pluk of die persoon wat die trekker moet ry. Dit is belangrik en nodig dat daar persone is wat daardie werke kan doen. Dit is ook nodig dat daar persone is wat die verskillende kultivars van vrugte kan verduidelik, navorsing kan doen, die grond kan ontleed en sê hoe dit verwerk moet word, die vrugte kan bemark en so kan ek aangaan. Dus, is dit uiters belangrik dat ons jeug besef dat beroepe in Landbou, net soos in baie ander industrieë, sekere vaardighede benodig. Baie beroepe in Landbou is ‘n wetenskap en dit gaan verder as net op die plaas werk. Daar moet veearste, landbouingenieurs en voorligters wees om die landbousektor en sy werknemers te kan ondersteun. Vir baie van u is dit nog nie te laat om gebruik te maak van die opleidingsgeleenthede wat deur die departement aangebied word nie.
Die Kaapse Instituut vir Landbou-opleiding op Elsenburg is verantwoordelik vir die opleiding vir loopbane in Agritoerisme, Diereproduksie, Pomologie (Studie van vrugte), Voorligting, Groenteverbouing, Agronomie, Wynkunde en Wingerdbou.
Kennis is mag. Kennis stel jou in staat om jou horisonne te verbreed. U wat aan hierdie kompetisie deelgeneem het, het getoon dat u bepaalde kennis het oor u vakgebied en u het dit duidelik gemaak dat u nog verder wil leer. Dit hoort so. U moet ideale hê. U kan nooit ophou om hoër op die leer van kennis te wil klim nie.
Aan die wenners wil ek sê: Baie geluk. U moet weet dat die druk nou groot is en dat die uitdagings nou voorlê. Aan elke deelnemer, of jy gewen het of nie, wil ek sê: noudat jy op die leer van prestasie begin klim het, is daar nie ophou nie. Elke keer as jy dink jy is bo sal jy agterkom die leer het weer langer geword. So as jy bo gekom het, hou aan met klim. Jou beste prestasie nou, het jou net in posissie geplaas om die volgende uitdaging te oorkom.
NAVRAE:
Alie van Jaarsveld
Spokesperson
Ministry of Agriculture: Western Cape
Tel: 021 483 4930
Fax: 021 483 3890
Cell: 084 604 6701
Email: avjaarsv@pgwc.gov.za
http://www.capegateway.gov.za/agriculture