Voordat 'n persoon om 'n bestuurslisensie aansoek kan doen, moet hy of sy in besit van 'n leerlinglisensie wees. 'n Mens kan 'n leerlinglisensie vir 'n motorfiets groter as 125 cc, 'n motor, minibus, klein goederevoertuig of 'n groter voertuig kry indien u ouer as ... >
Alle Suid-Afrikanerbestuurders moet in besit wees van 'n kredietkaartformaatbestuurslisensie. Die kaart word outomaties uitgereik wanneer 'n nuwe bestuurder 'n lisensie ontvang. >
Volgens wet moet 'n voertuig jaarliks gelisensieer word. Dit is die plig van die voertuigeienaar om seker te maak dat die lisensie hernu word voordat dit verval. Indien die lisensie nie hernu is nie, is u aanspreeklik vir betaling van laatbetalingboetes. >
Wetgewing vereis dat alle voertuigeienaars hulle voertuie registreer wanneer hulle aangeskaf word. Die voertuigregistrasie word op die Nasionale Verkeersinligtingstelsel (NaVIS) opgeteken. >
Alle bestuursinstrukteurs moet registreer. Om 'n instrukteursertifikaat te bekom, word u kriminele rekord nagegaan, 'n mediese sertifikaat moet aan u uitgereik word en u moet 'n instrukteurstoets slaag. >
Indien u die registrasie-inligting van 'n voertuig wil uitvind, kan u 'n motorvoertuigregistrasiesentrum nader. Die voertuigbesonderhede kan nie bekend gemaak word nie, maar enige inligting wat u reeds het kan bevestig word. >
Indien u motor se enjinnommer of onderstelnommer verander het, word van u vereis om 'n klaringsertifikaat te bekom voordat die voertuig herregistreer kan word. >
Lede van die publiek kan aansoek doen om 'n openbare pad vir verfilmingsdoeleindes te gebruik. Die permitaansoek wat ingevul moet word hang daarvan af of die pad waar die verfilming gaan plaasvind 'n munisipale pad of 'n provinsiale pad is. U kan die Kaapse Filmkommissie ... >
'n Permit word vereis om abnormale vragte en voertuie te vervoer. Die vereistes vir 'n permit hang af van die grootte en aard van die vrag of voertuig. >
Vervaardigers, bouers en invoerders van voertuie mag ongeregistreerde voertuie op openbare paaie bestuur met 'n motorhandelnommer. Dit word slegs vir die volgende doeleindes toegeken:aan 'n voertuigvervoerder om 'n motorvoertuig af te lewer, aan 'n motorhandelaar om 'n motorvoertuig af te lewer, te verkoop, te ruil ... >
This site contains information on NaTIS, eNaTIS and the credit card format driving licence conversion programme. It also contains statistics on vehicles, driver's licences, accidents and road signs. >
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 18 Julie 2007 hersien
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering