| Die fokus van Toerisme Ondernemingsontwikkelingis om die huidige
eienaarskapbasis in die toerismebedryf in die Wes-Kaap te verbreed en
seker te maak dat daar meer suksesvolle, winsgewende en florende toerismeondernemings
in swart besit in die Provinsie is.
Ons probeer dié doelwitte bereik deur toerisme-entrepreneurs te
steun om:
- Hulle sakebestuur-vaardighede en -vermoëns te verbeter.
- Hulle bewustheid van toerisme en die geleenthede en uitdagings daarin
te verhoog.
- Marktoegang deur ‘n verskeidenheid meganismes vir die ondernemings
te verseker.
Daarby het Toerisme Ondernemingsontwikkeling ook ‘n Veel-vlak Steunstrategie
ingestel waar ondernemings in vier groepe of vlakke van sakeontwikkeling
ingedeel word. ‘n Unieke stel programme is ontwikkel vir elkeen
van die vlakke.
Besonderhede oor die vlakke en hulle onderskeie programme is beskikbaar
in die brosjure, Hoe
Kan Ons Jou Toerismeonderneming Steun.
DIE TOERISMESAKEFORUM
Toerisme Ondernemingsontwikkeling is in vennootskap met ‘n aantal organisasies
wat transformasie en SEB as van hulle sleuteldoelwitte beskou.
Saam vorm ons die Toerismesakeforum (TSF), wat gereeld vergader en ‘n
gesamentlike strategie aanvaar het. Met ‘n gesamentlike visie, gedeelde
programme, saamgevoegde bronne, bewerkstellig die TSF ware entrepreneurskapontwikkeling
in die Wes-Kaap.
HOE KAN ONS JOU TOERISMEONDERNEMING
STEUN
|