RAMPBESTUUR EN BRANDWEERDIENSTE: OORSIG
|
OORSIG
|
Die Direktoraat Rampbestuur en Brandweerdienste beoog om die ontwikkeling, implementering en instandhouding van effektiewe rampbestuur en brandweerdienste in die Wes-Kaap te bevorder. Funksies: - Om die hewigheid van rampe te verminder.
- Gereedheid vir en reaksie op rampe.
- Koördinering van rampherstel.
- Koördinering van die brandweerdienste.
Voorkoming Voorkoming beoog om die hewigheid van rampe te verminder deur: - risiko en kwesbaarheidsontledings uit te voer.
- die samestelling en instandhouding van voorkoming (vermindering) en voorkomingstrategieë
- die ontwikkeling van gestandaardiseerde bewustheidsprogramme.
- die ontwikkeling van kapasiteitsbouprogramme.
- die ontwikkeling en koördinering van gemeenskapstrukture.
Gereedheid Gereedheid is verantwoordelik vir: - die ontwikkeling en instandhouding van 'n provinsiale rampplan.
- die ontwikkeling en instandhouding van 'n provinsiale gebeurlikheidsplan.
- die evaluering van rampplanne.
- die reël van rampbestuursoefeninge.
- die bestuur van die provinsiale rampbestuursentrum.
- die voorsiening van 'n sekretariaatdiens aan statutêre strukture.
Rampherstel Rampherstel hanteer die noodleniging van mense en strukture wat deur rampe geraak word. Dit koördineer noodleniging, bestuur noodlenigingsfondse en koördineer ook rampherstel en -heropbou. Brandweerdienste Brandweerdienste is verantwoordelik vir: - die monitering van die vlak van brandweerdienste.
- die administrering van steuntoekennings aan die brandweerdiens.
- die koördinering van brandbestrydingsnoodplanne.
- die administrering van ondersoeke na die kategorie van gemagtigde persone.
- die voorsiening van 'n sekretariaatdiens vir statutêre strukture.
|
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 4 Augustus 2005 hersien
|
|
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering |
 |