Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
KLANTBETREKKINGE EN KOMMUNIKASIE: OORSIG

Die Direktoraat Klantbetrekkinge en Kommunikasie beoog om effektiewe interne en eksterne betrekkinge en kommunikasiedienste van die Departement Plaaslike Regering en Behuising in die Wes-Kaap te bevorder.

Funksies:

  • Die leiding en bestuur van interne en eksterne kommunikasiedienste en spesiale projekte vir en in die Departement.
  • Die bevordering en instandhouding van uitstekende interne en eksterne klantbetrekkinge.
  • Die lewering van fasiliterende effektiewe steundienste aan die Huurbehuisingstribunaal om effektief aan inspeksies, ondersoeke, bemiddeling van geskille en sekretariaatdienste aan departementele klante aandag te skenk.
  • Die lewering van 'n effektiewe HULPKANTOOR-diens aan die Departement se kliënte of behuisingsvestigingsbegunstigdes.
  • Die versekering van die effektiewe bestuur van spesiale projekte, byvoorbeeld MIV/vigs, WBP, Jeugprogramme en die monitering van die regverdige billike implementering van Menseregtebeleide wat veral die GESTREMDES, DIE BEJAARDES en ander EB-teikens, ens. raak.
  • Die verlening van effektiewe strategiese kommunikasie- en klantbetrekkingesteun aan die Ministerie vir byvoorbeeld gemeenskapsuitreikveldtogte, terreinbesoeke, die beantwoording van korrespondensie, ens.
  • Redaksionele en tegniese bestuur van die NUUSBRIEF en die WEBBLAD
  • Vestig en bestuur 'n Taaleeheid vir die Departement.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 2 Mei 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo