Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
WES-KAAPSE PROVINSIALE PARLEMENT: OORSIG

Die Provinsiale Parlement van die Wes-Kaap:

  • Maak wette wat op die Wes-Kaap van toepassing is.
  • Is 'n openbare forum vir debatte.
  • Speel 'n belangrike rol in die toesighouding oor die Provinsiale Regering en om die Regering aanspreeklik te hou.
  • Dra by tot nasionale kwessies deur deel te neem aan die bedrywighede van die Nasionale Raad van Provinsies
  • .

Elke provinsiale wetgewer kan 'n grondwet vir die spesifieke provinsie aanvaar as twee-derdes van die lede daartoe instem. 'n Provinsiale grondwet moet egter ooreenstem met die nasionale Grondwet soos deur die Grondwetlike Hof bepaal. Die Grondwet van die Wes-Kaapis in 1998 aanvaar.

Volgens die Grondwet, mag provinsies wetgewende en uitvoerende magte hę wat met die nasionale sfeer saamval oor, onder meer:

  • landbou
  • casino's, perdewedrenne, dobbelary en weddenskappe
  • kultuursake
  • onderwys op alle vlakke, behalwe universiteits- en technikon-opleiding
  • die omgewing
  • gesondheidsdienste
  • behuising
  • taalbeleid
  • natuurbewaring
  • polisiedienste
  • provinsiale openbare media
  • openbare vervoer
  • streeksbeplanning en ontwikkeling
  • padverkeerregulasies
  • toerisme
  • handel- en nywerheidbevordering
  • tradisionele owerhede
  • stedelike en plattelandse ontwikkeling
  • voertuiglisensiëring
  • maatskaplike dienste.

Provinsies het ook uitsluitlike magte oor onder meer die volgende sake:

  • abattoirs
  • ambulansdienste
  • dranklisensies
  • museums wat nie nasionale bewaringsplekke is nie
  • provinsiale beplanning
  • provinsiale kulturele sake
  • provinsiale ontspanning en aktiwiteite
  • provinsiale paaie en verkeer.

In die uitvoering van pligte wat deur die nasionale en Wes-Kaapse grondwette voorgeskryf word, verteenwoordig die Wes-Kaapse Parlement die mense van die provinsie en is dit 'n forum vir die bespreking van provinsiale kwessies.


WEBTUISTE: www.wcpp.gov.za
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 25 Oktober 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo