Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
E-INNOVATION - WITSKRIFTE: 2001
Regering stel 'n Witskrif op om beleid oor 'n spesifieke onderwerp te formuleer. Witskrifte word in datumvolgorde gelys.
Gereedmaking van die Wes-Kaap vir die Kennis-ekonomie van die 21ste eeu
(Lêertipe: pdf; groote: 527 KB)
1 Mei 2001
E-Innovation (Department of the Premier, Provincial Government of the Western Cape)
Die hoofdoelwitte van die Witskrif is:Om die vernaamste implikasies van die veranderende globale, binnelandse en (Suider-Afrikaanse) streekskonteks vir die provinsiale ekonomie te ontleed;Om lesse vir geslaagde streeksontwikkeling uit die internasionale ervaring te leer;Om sterk punte van en geleenthede in die provinsiale ekonomie te identifiseer waarop voortgebou kan word, asook uitdagings en beperkings wat aandag sal moet geniet as die provinsie se ekonomiese potensiaal verwesenlik wil word;Om 'n voorgestelde ekonomiese visie en sleutel strategiese imperatiewe vir die Wes-Kaap te stel ten einde die ontwikkeling van die provinsiale ekonomie oor die volgende tien jaar te rig;Om 'n breë strategiese raamwerk en sleutelinisiatiewe te vestig waardeur die visie en strategiese imperatiewe effektief verwesenlik kan word;Om 'n herstrukturering van die huidige institusionele raamwerk vir ekonomiese groei en ontwikkeling voor te stel wat effektief in lyn gebring is met die nuwe visie en strategiese imperatiewe;Om die implikasies vir sleutelhulpbronne wat betrokke is by die opstel van die nuwe strategiese en institusionele raamwerke vir die provinsiale ekonomie, te identifiseer en in ag te neem.  > 
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 April 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo