Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Wes-Kaapse Erfenis Raad
BESKRYWING:
  heritage western cape logo  
     
rounded corner
HOOGTEPUNTE
rounded corner
 

Aansoekvorm: Permitte om veranderings aan te bring aan Provinsiale erfenispersele of -geboue ouer as 60 jaar of om dit te vernietig

 
     
 

Curator at the Slave Lodge

     
rounded corner
BEGINSELS
rounded corner
 


Die Raad vir Erfenis Wes-Kaap:

Erken die leidende rol wat die Wes-Kaapse Provinsie gespeel het in die bewaring van ons erfenis.

Sit die tradisie voort binne 'n getransformeerde en transformerende kulturele konteks.

Het ten doel om die hoogste standaarde te stel vir die bewaring van die ryk nalatenskap, met inagneming van die nasionale en internasionale tendense in erfenisbewaring.

Besef hoe belangrik toerisme is in ons ekonomie, en glo dat die toeriste-aantreklikheid van die Wes-Kaap hoofsaaklik in die diversiteit van die kulturele erfenis lê.

 

WAT IS ERFENIS WES-KAAP?

"Erfenis Wes-Kaap vier, bewaar, onderhou en voed die uiteenlopende stedelike en plattelandse erfenisbronne van die mense van die Wes-Kaap deur trots te bevorder in beide die tasbare en ontasbare erfenis, veral onder jongmense en voorheen opsy geskuifde gemeenskappe. "

In Januarie 2003 is Erfenis Wes-Kaap gestig as die provinsiale erfenisbrongesag vir die provinsie kragtens die Wet op Nasionale Erfenisbronne, wet 25 van 1999. Dit is verantwoordelik vir die bevordering van samewerking tussen nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede vir die uitkenning, bewaring en bestuur van erfenisbronne vir alle gemeenskappe in die Wes-Kaap.

Bewaring van erfenisbronne het kulturele, politieke, opvoedkundige en ekonomiese waarde wat bydra tot die suksesvolle ontwikkeling van die Wes-Kaap.

Erfenis Wes-Kaap:

  • Werk saam met provinsiale, munisipale en nasionale owerhede.
  • Skakel met eienaars van erfenisbronne, gemeenskappe en alle ander partye wat belangstel.
  • Verseker die voortgesette bewaring van ons erfenis.
  • Bemark aktief die volle verskeidenheid van ons erfenis.
  • Ken erfenispersele uit wat van belang is vir gemeenskappe wie se profiel, herinnerings en waardes voorheen opsy geskuif is.
  • Bewaar die kulturele erfenisbronne van die Wes-Kaap as uiteenlopend, maar algemeen, in die uitbeelding van beide die prestasies en botsings van die verlede en 'n vooruitsig van 'n ryklik bedeelde toekoms en 'n tuiste vir al die mense van die Provinsie.

Erfenis Wes-Kaap maak staat op die samewerking van:

  • die Suid-Afrikaanse Erfenisbronagentskap (SAEBA)
  • die nasionale Departement van Kuns en Kultuur
  • plaaslike owerhede in die Wes-Kaap
  • eienaars en ontwikkelaars van erfenisbronne in die Wes-Kaap
  • die provinsiale Departement van Kultuursake en Sport wat die taak gekry het om die Raad vir Erfenis Wes-Kaap in die uitvoering van hulle professionele en administratiewe take by te staan.

KOMITEES

Om seker te maak dat voldoen word aan die regsmandaat, vergader die Raad vir Erfenis Wes-Kaap gereeld en is die volgende komitees gestig:

Die Beboude Omgewing- en Landskapskomitee (BELCOM)

Die Beboude Omgewing- en Landskapskomitee is verantwoordelik vir die beoordeel van aansoeke en goedkeurings, waaronder die formele verklaring van provinsiale erfenispersele, erfenisgebiede, openbare monumente en -gedenktekens en strukture ouer as 60 jaar.

Die Komitee oorweeg ook voorstelle oor erfenisbronbestuur vir sekere kategorië van ontwikkelings en lewer kommentaar oor aansoeke kragtens die Wet op Omgewingsbewaring, wet 73 van 1989.

Die Argeologiese, Paleontologiese en Meteoriete-komitee (APMCOM)

Die Argeologiese, Paleontologiese en Meteoriete Permitkomitee is verantwoordelik vir die oorweeg van aansoeke om permitte wat verband hou met argeologiese en paleontologiese persele en meteoriete in die Wes-Kaap.

Appèlkomitee

'n Appèlkomitee is aangestel om op 'n ad hoc-basis byeen te kom wanneer appèlle ontvang word.


UITVOERING VAN WERK

Amptenare van die Departement van Kultuursake en Sport in die Wes-Kaap hanteer die uitvoerende en administratiewe take wat verband hou met die Raad vir Erfenis Wes-Kaap.

Benoemde Pos Telefoonnommer
Dr Janette Deacon Chairperson 021 483 9695
Dr Stephen Townsend Accounting Authority 021 483 9710
Abdool Assim Chief Financial Officer 021 483 9525
Bongani Mgjijima Deputy Director 021 483 9682
Lorelle Hutton Assistant Director Support 021 483 9696
Monique Coerecuis
Babalwa Bokwe
Secretariat of Council 021 483 9695
Jana Tumpkin Secretariat of BELCOM 021 483 9693
Zwelibanzi Shiceka Senior Heritage Officer 021 483 9685
Ronny Nyuka Heritage Officer 021 483 9691
Calvin van Wijk Senior Heritage Officer 021 483 9692
Bewin September Senior Heritage Officer 021 483 9692
Joas Sinthumule Senior Heritage Officer 021 483 9783
Dr Antonietta Jerrardino   Senior Heritage Officer
(Archaeology, Palaeontology and Meteorites)
021 483 9687

EPOS:
hwc@pgwc.gov.za
TELEFOON:
021 483 9695
FAKS:
021 483 9842
STRAATADRES:
3de Vloer, Protea Assurance Gebou, Groentemarkplein, Kaapstad, 8001
POSADRES:
Privaatsak X9067, Kaapstad, 8000
KONTAKPERSOON:
Monique Coerecuis
TOESIGHOUDENDE STAATSLIGGAAM:
Departement van Kultuursake en Sport (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 20 Maart 2006 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo