 Bekendstelling van die WKRS Die Karl Bremmer- en Conradie-hospitaal Rehabilitasiesentrums het saamgesmelt om 'n enkele Wes-Kaapse Rehabilitasiesentrum (WKRS) te vorm. Die WKRS is 'n gespesialiseerde rehabilitasiesentrum wat verwysings hanteer uit alle vlakke van rehabilitasiesentrums (tersiëre, sekondêre en primêre dienste). Kliënte kan ook hulleself na die WKRS buitepasiëntekliniek verwys vir een-stop beoordelings- en bestuursdoeleindes. DIE WKRS SE DOELWITVERKLARING: Die Wes-Kaapse Rehabilitasiesentrum is toegewy aan die doelgerigte en doeltreffende rehabilitasie van mense met fisiese gestremdhede deur: - Die verskaffing van vernuwende, hoë-intensiteit, uitkoms-gerigte rehabilitasieprogramme in 'n veilige en ondersteunende omgewing
- Die volg van 'n interdissiplinêre spanbenadering
- Vaardige en toegewyde personeel
- Die bemagtiging en opbou van vennootskappe met die breër gemeenskap
- Die bevordering van navorsings- en opleidingsinisiatiewe.
DIE WKRS SE DIENSTE Die WKRS verskaf gespesialiseerde, hoë-intensiteit rehabilitasie- en gemeenskap-herintegrasieprogramme aan mense wat permanente, stremmende nagevolge van beserings of siektes het. Dit het 'n maksimum kapasiteit van 240 beddens, en 'n daaglikse buitepasiënte-kliniek. Sleutel-rehabilitasieprogramme sluit in: - Beroerte
- Beserings van die Rugmurg
- Amputasies (na-amputasie rehabilitasie)
- Tuiste of werkplek-beoordelings
- Skoliosekliniek
- Gespesialiseerde rolstoel-sitplek klinieke
- Skouer-, hand- en urologie-klinieke.
Wat bevolkingsbehoeftes betref, sal die WKRS voorsiening maak vir 'n totale gebruikersbevolking van 485 950. Dit werk uit op een bed per 3 115 van die gebruikersbevolking in die Wes-Kaap. Die WKRS bied unieke navorsings- en opleidingsgeleenthede vir 'n verskeidenheid gesondheidsorgwerkers, wat dokters, verpleërs, fisioterapeute, arbeidsterapeute, spraakterapeute, ensovoorts, sowel as nie-professionele gesondheidsorgwerkers soos tuisversorgers insluit. BYKOMENDE GERIEWE BY DIE NUWE WKRS Die Herberg: Vir huurders of versorgers wat opleiding, steun en berading ondergaan; en vir plattelandse binne-pasiënte na die voltooiing van hulle rehabilitasieprogram Stepping Stones: 'n Tradisionele woongebied vir kliënte in die finale fase van rehabilitasie Sport- en verwante bedrywighede: Binneshuise waterterapiegebied met 'n aangrensende binneshuise gimnasium, basketbalbaan, rolstoel-hindernisbaan, rolstoel-tydtoetsbaan, fenshui meditasietuin, en rolstoel-werkswinkel Drie groot terapie-gebiede, elk met gimnasiums, beradingskamers en leefgebiede wat uit 'n kombuis, badkamer, eetkamer en slaapkamer bestaan Daaglikse Buitepasiënte-departement (DBD) vir gestremdheidbeoordeling, keuring, apteek- en radiologiedienste Spesialis DBD-klinieke, byvoorbeeld skoliose; hand en skouer; plastiese snykunde; amputasie; gespesialiseerde rolstoel/karretjie-sitplek POSITIE WE UITVLOEISELS VAN DIE WKRS-PROJEK - Gestremde mense is aangestel op die Ingenieurs-konsultantspan om seker te maak dat voldoen word aan die spesiale behoeftes van gestremde kliënte
- Die ontwerp van die opgradering van Mandalay- en Lentegeur-stasies is toegeken aan 'n argiteksfirma wat deur 'n gestremde persoon bestuur word om seker te maak dat voldoen is aan wêreldwye toeganklikheidstandaarde
- Die infrastruktuur van die omliggende stadsgebied is aangepas by die behoeftes van gestremdes (sypaadjies, paadjies in parke, toegang tot winkelsentrums), en maatreëls is ingestel om die verkeer te reguleer om seker te maak dat gestremde kliënte maklik en veilig kan rondbeweeg
- Professionele mense in die staatsdiens het 'n aansienlike toename getoon in bewustheid van die spesiale behoeftes van gestremde mense.

Rolstoel-basketbal |