Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
DEPARTEMENT VAN VERVOER EN OPENBARE WERKE: OORSIG

Die Departement stel hom dit ten doel om 'n geïntegreerde, toeganklike, veilige, betroubare, bekostigbare en volhoubare vervoerstelsel en eiendomsinfrastruktuur van gehalte te voorsien deur maatskaplik regverdige ontwikkelings- en bemagtigingsprosesse ten einde die lewensgehalte vir almal te verbeter.

Die Departement het vyf hooffokusgebiede:

Korporatiewe Dienste voorsien algemene leierskap en bestuur van die Departement deur die Minister en Departementshoof, asook administratiewe en finansiële steun aan al die takke binne die Departement.

Openbare Werke fokus op die oprigting van nuwe fasiliteite en die opgradering, rehabilitasie en instandhouding van bestaande fasiliteite in oorleg met gebruikersdepartemente. Dit bestuur ook die Provinsie se eiendomsportefeulje.

Paaie is verantwoordelik vir die bou en instandhouding van provinsiaal geproklameerde paaie en die administrasie van alle aspekte van motorvoertuiglisensiëring en registrasiegeld, asook die Afdeling Staatsmotorvervoer.

Vervoer verskaf openbare vervoerdienste en -infrastruktuur.

Gemeenskapsgebaseerde Openbarewerkeprogramme maak gebruik van bemagtigingsprosesse met die oog op gemeenskapsontwikkelingsprogramme.

Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Maart 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo