Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Minister Uys Besoek Groote Schuur Hospitaal se Nierdialise-Eenheid ter Ondersteuning van Nier Bewustheidsweek
23 Augustus 2005
BRON: Ministerie van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Suid-Afrika se nier oorplabntingsprogram tel onder die beste in die wêreld met 'n slaagsyfer gelyk aan die wêreld se voorste orgaan oorplantingslande, sê die Wes-Kaapse Gesondheidsminister, Pierre Uys.

Uys besoek die Groote Schuur Nierdialise-eenheid ter ondersteuning van Nier Bewustheidsweek. Hy sê pasiënt-oorlewing is 80% in die geval van nieroorplantings tydens die eerste jaar na die operasie en 50% oorlewing vir die volgende 9 jaar. Dit is 'n prestasie waarop 'n mens trots kan wees. Daar is egter 'n ernstige behoefte aan 'n groter orgaan skenkersbewustheid.

"Tans is een derde van ons orgaanskenkers lewende familielede en die res van die organe word beskikbaar weens sterfgevalle. Ons sou liewers alle organe weens sterfgevalle kry, maar om dit te verwesenlik is dit noodsaaklik dat 'n veel groter openbare bewustheid bestaan wat orgaanskenkings betref. Mense wat bereid is om hulle organe te skenk moet dit voor hul dood duidelik aan hul naaste familielede oordra wat dan mediese personeel by die dood van 'n geliefde daaroor kan inlig ten spyte van die trauma en hartseer wat daarmee gepaard gaan, sê Uys. Mense kan ook orgaan skenkerskaarte by hulle dra," sê Uys.

Daar is reeds vanjaar 58 nieroorplantings by Groote Schuur Hospitaal gedoen vergeleke met slegs 51 vir die hele jaar verlede jaar. Mense kan almal help om die las op orgaan oorplantings by alle hospitale te help verlig deur 'n gesonde leefstyl na te streef wat niersiektes tot 'n minimum beperk.

Die belangrikste stappe om gesonde niere te behou sluit in:

  • Om nie te rook nie;
  • Nie te veel alkohol te gebruik nie: twee drankies per dag vir mans en een vir vroue
  • Stress te verminder deur te konsentreer op aktiwiteite wat plesier verskaf
  • Goeie voeding : eet baie vrugte, vermy vetterige vleis en kos
  • Deur baie water te drink, dit help om voedingstowwe deur die liggaam te sirkuleer
  • En deur gereelde oefening te kry wat hartsiektes en suikersiekte beperk en sodoende die risiko van niersiektes verminder.

Ministry of Health
Western Cape

Kontak: Herman van der Westhuizen
Tel: 021 483 2627

This content also available in English
NUUSARGIEF
2009:       JAN     
2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 23 Augustus 2005 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo