Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
Top Vroueboer vir 2005 Gesoek
5 Mei 2005
BRON: Department of Agriculture (Provincial Government of the Western Cape)
"Ons moet verstaan dat daar nie in Landbou plek kan wees vir 'n "ons" en "hulle" benadering nie. Almal binne Landbou moet ewe tuis hoort en weet dat wat die rol is wat hy of sy moet speel om van Landbou 'n sukses te maak," sê Mnr Cobus Dowry, Wes-Kaapse Minister van Landbou. "Net soos in elke ander aspek van die lewe, wil ons dus die rol en bydrae van vroue in Landbou erken en waardeer. Die jaarlikse Vroueboer van die Jaar kompetisie is een van die maniere waarop ons juis dit doen."

Meer as 100 vroue en vrouegroepe vanoor die hele Wes-Kaap het oor die afgelope 6 jaar aan hierdie kompetisie deelgeneem. Die doel van die kompetisie is om vroue in landbou te bemagtig en hul sigbaarheid te verhoog. Dit dien terselfdertyd as instrument waardeur vroue se onontbeerlike bydrae tot die oorlog teen armoede erken kan word.

Die kompetisie vind eers op provinsiale vlak plaas, waarna provinsiale wenners op nasionale vlak meeding.

Belangstellendes kan in vier kategorieë inskryf of genomineer word, nl. top uitvoerder, top produsent vir nasionale markte, top produsent vir informele markte en top produsent vir huishoudelike gebruik.

1. Om vir die eerste kategorie in aanmerking te kom, moet ten minste 30% van die totale produksie vir uitvoermarkte geoormerk wees.

Die kriterium vir die tweede kategorie bepaal dat meer as 30% van produkte vir nasionale markte beskibaar gestel moet word.

Kategorie drie is vir diegene wat aan informele markte verskaf en sodoende vir haar familie sorg. Die laaste kategorie is vir kandidate wat grootliks vir eie gebruik produseer, bv. groentetuine.

Behalwe vir goeie publisiteit en blootstelling vir die deelnemers, dien hulle as aansporing vir ander wat reeds in die landboubedryf betrokke is of dit as loopbaanopsie oorweeg. Groot pryse kan ook gewen word soos geborg deur ABSA, Total SA, Land Bank en Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP).

Die sluitingsdatum vir inskrywings en nominasies vir die Wes-Kaapse kompetisie is 17 Junie 2005. Verdere navrae kan aan Gizelle van Wyk gerig word by 021 808 5022 of gizellevw@elsenburg.com.
 
This content also available in English
NUUSARGIEF
2009:       JAN     
2008:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2007:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2006:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2005:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2004:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
2003:       JAN      FEB      MAA      APR      MEI      JUN      JUL      AUG      SEP      OKT      NOV      DES     
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 Mei 2005 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo