| |
 |
|
| |
|
|
 |
HOOGTEPUNTE |
|
| |
Aansoekvorm: Permitte om veranderings aan te bring aan Provinsiale erfenispersele of -geboue ouer as 60 jaar of om dit te vernietig
|
|
| |
|
|
| |
|
|
| |
|
|
 |
BEGINSELS |
|
| |
Die Raad vir Erfenis Wes-Kaap:
Erken die leidende rol wat die Wes-Kaapse Provinsie gespeel het in die bewaring van ons erfenis.
Sit die tradisie voort binne 'n getransformeerde en transformerende kulturele konteks.
Het ten doel om die hoogste standaarde te stel vir die bewaring van die ryk nalatenskap, met inagneming van die nasionale en internasionale tendense in erfenisbewaring.
Besef hoe belangrik toerisme is in ons ekonomie, en glo dat die toeriste-aantreklikheid van die Wes-Kaap hoofsaaklik in die diversiteit van die kulturele erfenis lê.
|
|
WAT IS ERFENIS WES-KAAP?
"Erfenis Wes-Kaap vier, bewaar, onderhou en voed die uiteenlopende stedelike en plattelandse erfenisbronne van die mense van die Wes-Kaap deur trots te bevorder in beide die tasbare en ontasbare erfenis, veral onder jongmense en voorheen opsy geskuifde gemeenskappe. "
In Januarie 2003 is Erfenis Wes-Kaap gestig as die provinsiale erfenisbrongesag vir die provinsie kragtens die Wet op Nasionale Erfenisbronne, wet 25 van 1999. Dit is verantwoordelik vir die bevordering van samewerking tussen nasionale, provinsiale en plaaslike owerhede vir die uitkenning, bewaring en bestuur van erfenisbronne vir alle gemeenskappe in die Wes-Kaap.
Bewaring van erfenisbronne het kulturele, politieke, opvoedkundige en ekonomiese waarde wat bydra tot die suksesvolle ontwikkeling van die Wes-Kaap.
Erfenis Wes-Kaap:
- Werk saam met provinsiale, munisipale en nasionale owerhede.
- Skakel met eienaars van erfenisbronne, gemeenskappe en alle ander partye wat belangstel.
- Verseker die voortgesette bewaring van ons erfenis.
- Bemark aktief die volle verskeidenheid van ons erfenis.
- Ken erfenispersele uit wat van belang is vir gemeenskappe wie se profiel, herinnerings en waardes voorheen opsy geskuif is.
- Bewaar die kulturele erfenisbronne van die Wes-Kaap as uiteenlopend, maar algemeen, in die uitbeelding van beide die prestasies en botsings van die verlede en 'n vooruitsig van 'n ryklik bedeelde toekoms en 'n tuiste vir al die mense van die Provinsie.
Erfenis Wes-Kaap maak staat op die samewerking van:
- die Suid-Afrikaanse Erfenisbronagentskap (SAEBA)
- die nasionale Departement van Kuns en Kultuur
- plaaslike owerhede in die Wes-Kaap
- eienaars en ontwikkelaars van erfenisbronne in die Wes-Kaap
- die provinsiale Departement van Kultuursake en Sport wat die taak gekry het om die Raad vir Erfenis Wes-Kaap in die uitvoering van hulle professionele en administratiewe take by te staan.
KOMITEES
Om seker te maak dat voldoen word aan die regsmandaat, vergader die Raad vir Erfenis Wes-Kaap gereeld en is die volgende komitees gestig:
Die Beboude Omgewing- en Landskapskomitee (BELCOM)
Die Beboude Omgewing- en Landskapskomitee is verantwoordelik vir die beoordeel van aansoeke en goedkeurings, waaronder die formele verklaring van provinsiale erfenispersele, erfenisgebiede, openbare monumente en -gedenktekens en strukture ouer as 60 jaar.
Die Komitee oorweeg ook voorstelle oor erfenisbronbestuur vir sekere kategorië van ontwikkelings en lewer kommentaar oor aansoeke kragtens die Wet op Omgewingsbewaring, wet 73 van 1989.
Die Argeologiese, Paleontologiese en Meteoriete-komitee (APMCOM)
Die Argeologiese, Paleontologiese en Meteoriete Permitkomitee is verantwoordelik vir die oorweeg van aansoeke om permitte wat verband hou met argeologiese en paleontologiese persele en meteoriete in die Wes-Kaap.
Appèlkomitee
'n Appèlkomitee is aangestel om op 'n ad hoc-basis byeen te kom wanneer appèlle ontvang word.
UITVOERING VAN WERK
Amptenare van die Departement van Kultuursake en Sport in die Wes-Kaap hanteer die uitvoerende en administratiewe take wat verband hou met die Raad vir Erfenis Wes-Kaap.
| Benoemde |
Pos |
Telefoonnommer |
| Dr Janette Deacon |
Chairperson |
021 483 9695 |
| Dr Stephen Townsend |
Accounting Authority |
021 483 9710 |
| Abdool Assim |
Chief Financial Officer |
021 483 9525 |
| Bongani Mgjijima |
Deputy Director |
021 483 9682 |
| Lorelle Hutton |
Assistant Director Support |
021 483 9696 |
Monique Coerecuis
Babalwa Bokwe |
Secretariat of Council |
021 483 9695 |
| Jana Tumpkin |
Secretariat of BELCOM |
021 483 9693 |
| Zwelibanzi Shiceka |
Senior Heritage Officer |
021 483 9685 |
| Ronny Nyuka |
Heritage Officer |
021 483 9691 |
| Calvin van Wijk |
Senior Heritage Officer |
021 483 9692 |
| Bewin September |
Senior Heritage Officer |
021 483 9692 |
| Joas Sinthumule |
Senior Heritage Officer |
021 483 9783 |
| Dr Antonietta Jerrardino |
Senior Heritage Officer
(Archaeology, Palaeontology and Meteorites) |
021 483 9687 |
|