 |
NUTTIGE DOKUMENTE |
|
| |
| |
| | | |
 |
| | | |
 |
JAARVERSLAE |
| | | |
|
| | | |
 |
WETGEWING |
| | |
| |
| | | |
Die Huurbehuisingstribunaal verskaf 'n gratis diens aan huurders en verhuurders in die Wes-Kaap. Die belangrikste werk is geskilbeslegting tussen huurders en verhuurders. (Lees meer oor hoe dit gedoen word.)
Die tribunaal is in 2001 gestig en bestaan uit vyf lede (waaronder 'n voorsitter en onder-voorsitter), aangestel deur die Provinsiale Minister van Behuising, wat kennis het oor eiendomsbestuur, behuisingsontwikkeling en verbruikersake wat verband hou met huurbehuising. Die Tribunaal word bygestaan deur die Steunkomponent van die Direktoraat Behuisingsnedersetting.
Die Tribunaal het ten doel om:
- Verhoudings te harmoniseer tussen verhuurders en huuders in die huurbehuisingsektor.
- Los geskille op wat opduik weens onregverdige praktyke.
- Lig verhuurders en huurders in oor hulle regte en verpligtinge kragtens die Wet op Huurbehuising.
- Maak aanbevelings aan relevante belanghebbers.
Die oogmerk is:
- Om bestendigheid te bevorder in die huurbehuisingsektor in die Wes-Kaap.
- Om meganismes te skep om geskille in die huurbehuisingsektor te besleg.
- Om verhore te fasiliteer, ondersoek, bemiddel en te hou om geskille te besleg.
- Om verhuurders en huurders in te lig oor hulle regte en verpligtinge as onregverdige en onwettige praktyke sou opduik.
Verhore en bemiddelings word gehou so na as moontlik aan die klagtepunt. |