|
ROOIKRUIS OORLOGSGEDENK-KINDERHOSPITAAL: 'N NASIONALE BATE
In 1956 is die hospitaal se deure geopen as 'n toegewyde en hoogs-gespesialiseerde kindergesondheidsorggerief. Dit is 'n lewende eerbewys aan die soldate wat in die Tweede Wêreldoorlog gesneuwel het.
Uit al nege provinsies en uit alle dele van Afrika word kinders na die hospitaal verwys vir omvattende gespesialiseerde pediatriese dienste.
Dit is 'n verwysingshospitaal - pasiënte word deur klinieke ne kleiner hospitale verwys - voordat hulle in die tersiêre inrigting opgeneem word. Die hospitaal is aktief in pediatriese uitreik- en steunprogramme oor die hele Suid-Afrika.
'n SENTRUM VAN UITNEMENDHEID
Dit is 'n sentrum van uitnemendheid vir die opleiding van alle kategorië van kindergesondheidslui. Die Rooikruis Oorlogsgedenk-kinderhospitaal word beskou as Suid-Afrika se voorste sentrum vir nagraadse spesialis-pediatriese mediese en sjirurgiese opleiding.
Die Hospitaal het 'n personeel van 1100, wat wissel van akademici, dokters en verpleegpersoneel tot beroepe wat verband hou met medisyne, klerikale en nie-professionele personeel. Plaaslike voor- en nagraadse studente uit alle dele van die wêreld word opgelei en doen ondervinding in die sale en klinieke op.
Die hospitaal het akademiese bande met die Universiteit van Kaapstad se Skool vir Kinder- en Adolessente Gesondheid, die Universiteit van die Wes-Kaap se Tandheelkundige Skool en die Universiteit van Stellenbosch.
|