VEEARTSENYDIENSTE: OORSIG
|
OORSIG
|
Veeartsenykundige dienste behels die volgende: - Dieregesondheid: monitering van dieresiekterisikos, die voorkoming van die verspreiding van siektes, beheer van die uitbreek van dieresiektes, en epidemiologiese toesig oor die voorkoms van dieresiektes om veeprodusente in staat te stel om in die moderne węreldekonomie mee te ding.
- Voedselveiligheid: monitering van veeartsenykundige openbaregesondheidsrisikos en die bevordering, regulering en monitering van die implementering van gesondheidsbestuurspraktyke by abattoirs, asook voedselproduserende en uitvoerinstansies.
- Veeartsenykundige laboratoriumdienste: die lewering van n veeartsenykundige diagnostiese laboratoriumdiens in ooreenstemming met nasionale en internasionale norme en standaarde om die aanvaarding van gesondheidsertifisering vir die handel in diere en diereprodukte te verbeter.
|
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 2 Februarie 2004 hersien
|
|
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering |
 |