KULTUURSAKE: OORSIG
|
OORSIG
|
Die Kulturele Hoofdirektoraat verskaf dienste betreffende kultuur, erfenis, die kunste, museums, taal, biblioteke en argiewe. Dit is ook nou geaffilieer met 'n aantal openbare entiteite en kulturele instellings.
Die oogmerke van Kulturele Sake is
- Om gemeenskappe op te voed en te bemagtig om erfenisbronne uit te ken, te bewaar en te ontwikkel op 'n volhoubare manier.
- Om mense se betrokkenheid te verhoog (veral jongmense, vroue en mense met gestremdhede) in kuns-, kultuur- en erfenisprogramme.
- Om seker te maak dat ons versamelings en uitstallings die diversiteit en inklusiewe geskiedenis weerspieël van die mense van die Wes-Kaap.
- Om veeltaligheid aan te moedig in die Wes-Kaap.
- Om 'n openbare biblioteekdiens te lewer in vennootskap met ander sfere van regering deur opvoedkundige, inligtings- en ontspannings-biblioteekmateriaal te verskaf en gratis toegang te gee tot paslike biblioteekfasiliteite.
- Om 'n relevante en professionele argiefdiens te hê.
Die Hoofdirektoraat verskaf dié dienste deur die volgende komponente:
Die Hoofdirektoraat se pligte en funksies word bepaal deur die volgende wetgewende en ander mandate. |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 2 Februarie 2006 hersien
|
|
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering |
 |