|
U kan ń klagte indien deur die tolvrye klagtelyn by 0800-007-081 te skakel of deur met u naaste Verbruikersadvieskantoor in verbinding te tree. U kan ook ń klagte indien deur die Cape Gateway Inbelsentrum by 0860 142 142 te skakel. Die inbelsentrumoperateur sal die besonderhede van die klagte aanteken en u van ń verwysingsnommer voorsien. Die Kantoor van die Verbruikersbeskermer sal binne 24 uur aandag aan die klagte gee. U kan ook ń klagte aanlyn by die Nasionale Verbruikersforum indien. Vir die mees bevredigende resultate, gebruik die volgende riglyne wanneer u ń klagte indien:- Kla so gou as moontlik.
- Wees presies.
- Rugsteun u klagte by wyse van fakture ens.
- Sê wat u wil hê gedoen moet word.
- Wees selfgeldend en wees hoflik.
- Volg u klagte op na ń redelike verloop van tyd indien u geen terugvoering ontvang het nie.
- Teken aan met wie u gepraat het, wanneer dit plaasgevind het en hou afskrifte van briewe wat gestuur is.
|