|
Hierdie diens word gelewer deur munisipaliteite in samewerking met die Wes-Kaapse Provinsiale Biblioteekdiens. Biblioteke is hulpbronsentrums vir volwassenes en kinders. Die publiek kan toegang verkry tot boeke, oudioboeke, musiek-CD's, video's, CD-ROM's, koerante en tydskrifte by hul plaaslike biblioteke, of hierdie items uitleen. Biblioteke vorm deel van 'n gemeenskapsdiens wat lees aanmoedig, geletterdheid bevorder, videovertonings aanbied, byeenkomste hou, vakansieprogramme aanbied vir leerders en storietye vir kleuters. Hoekies vir Klein Besighede by sommige biblioteke bied aan entrepreneurs besigheidadvies deur middel van literatuur. Om biblioteekmateriaal te kan leen, terugbring of hernu is 'n biblioteekkaart nodig. Biblioteeklede kan items ook op lening aanvra van ander biblioteke. Biblioteke lewer ook fotokopieerdienste aan die publiek, en sommige bied gratis internettoegang aan. Tydelike lidmaatskap is beskikbaar vir leners wat biblioteke buite hul munisipale gebied gebruik. |