Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
GIS Karteringsdienste
BESKRYWING:
Die Department bied twee soorte karteringsdienste aan:
  • GIS-kaarte op Aanvraag
  • Die maak van jou eie Kaarte met behulp van Vormlêers
  • GIS-KAARTE OP AANVRAAG

    Die Department stel kaarte van die Wes-Kaap Provinsie saam waarop verskillende geografiese kenmerke met gebruik van die Geografiese Inligtingstelsel (GIS) uitgebeeld word. Hierdie kaarte is beskikbaar vir interne en buite-kliënte. Verskaf die volgende besonderhede wanneer 'n kaart aangevra word:

    • die grootte van die kaart (A0, A1, A2, A3, A4)
    • die kadastrale kenmerke (erwe, plase, strate, servitute)
    • die omgewingkenmerke (reservate, plantegroei CAPE-data)
    • die gesondheidkenmerke (hospitale, klinieke, gesondheiddistrikte, gesondheidstreke
    • die infrastruktuur kenmerke (rioolpype, kragdrade)
    • die streekskenmerke (distrik- en munisipale grense, sensusgebied grense
    • die maatskaplike kenmerke (polisiekantore, skole)
    • die topografiese kenmerke (kontoere, natuurlike kenmerke)
    • die vervoer kenmerke (paaie, spoorlyne)
    • die water kenmerke (damme, riviere)
    • die aantal kopieë verlang
    • die kontakbesonderhede en afleweringsadres
    • die voorgestelde spertyd

    Kaarte moet skriftelik (per e-pos/faks/brief) aangevra word van die Inligtingsdienste komponent by die adres wat verskaf word.

    Tjek- of kontantbetalings sal aanvaar word. Tjeks moet uitgemaak word aan die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning.

    Kaarte kan by Kamer 604D, Waalstraat 27, Kaapstad afgehaal word of ander afleweringreëlings kan getref word.

    Die volgende tariewe is op buite-kliënte van toepassing:

    • A0 papier - R44 per vel
    • A1 papier - R37 per vel
    • A2 papier - R30 per vel
    • A3 papier - R24 per vel
    • A4 papier - R24 per vel

    DIE MAAK VAN JOU EIE KAARTE MET BEHULP VAN VORMLêERS

    Jy sal ArcExplorer programmatuur (ae2Setup.exe - 13MB) nodig hê om toegang tot die GIS-vormlêers te kry. Hierdie programmatuur kan gratis van die ESRI-webwerf verkry word.

    'n Handleiding (162 KB - 4 bladsye) oor die saamstel van kaarte met die gebruik van ArcExplorer, kan afgelaai word.

    Die vormlêers word in kompaklêerargiewe geberg. Daar word aanbeveel dat WinZip of 'n soortgelyke toepassing daarvoor gebruik word.

    Sentrale Karoo

  • Beaufort-Wes (990 KB)
  • Sentrale Karoo (1.1MB)
  • Laingsburg (635 KB)
  • Prins Albert (722 KB)
  • Eden

  • Eden (508 Kb)
  • George (4.1MB)
  • Kannaland (1MB)
  • Knysna (1.7MB)
  • Langeberg (2.1MB)
  • Mosselbaai (2.8MB)
  • Oudtshoorn (2.2MB)
  • Plettenbergbaai (1.2MB)
  • nou Bitou

    Overberg

  • Kaap Agulhas (2MB)
  • Swellendam (1MB)
  • Theewaterskloof (2MB)
  • Overstrand (4MB)
  • Overberg (161 KB)
  • Boland

  • Breederivier/Wynland (1.9MB)
  • Breedevallei (2.3MB)
  • Drakenstein (4MB)
  • Stellenbosch (4MB)
  • Witzenberg (1.6MB)
  • Boland (467 KB)
  • Weskus

  • Bergrivier (1.4 MB)
  • Sederberg (1.3 MB)
  • Matzikama (1.89 Mb)
  • Saldanhabaai (2.7 MB)
  • Swartland (2 MB)
  • Weskus (705KB)
  • VRYWARING

    Die Department kan nie verantwoordelik gehou word vir enige foute wat in die datastelle mag voorkom nie.

    GEBRUIK VAN RUIMTELIKE DATA

    Alle ruimtelike data word sonder verspreidingsregte verskaf. Ruimtelike data wat deur die Departement verskaf is, mag nie in enige vorm (waarde toegevoeg of nie) vir enige liggame/partye buite jou betrokke organisasie/departement gekopieer, herversprei of verkoop word nie.
VOORSKRIFTE:
Kry meer besonderhede by:

Die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning
Inligtingsdienste
Privaatsak X9086
Kaapstad, 8000

Lehan Fouche
Tel: 021 483 3688
Faks: 021 483 4185
lfouche@pgwc.gov.za

Andre van der Merwe
Tel: 021 483 3499
Faks: 021 483 4185
ajvdmerw@pgwc.gov.za
VERSKAF DEUR:
STAATSLIGGAAM:
Departement van Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 Junie 2009 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo