DEPARTEMENT VAN LANDBOU: OORSIG
|
OORSIG
|
Die Departement van Landboubeoog om op die volgende wyses volhoubare landbou te lei en ondersteun en om landelike ontwikkeling te bevorder:
- verseker toegang tot voldoende, veilige en voedsame voedsel
- skakel ongelyke deelname en onregverdigheid in landbou uit
- optimaliseer groei, werkverskaffing en inkomste in landbou
- verhoog volhoubare bestuur van natuurlike landboubronne en ekologiese stelsels
- verseker effektiewe en doeltreffende staatsbestuur
- verseker kennis- en inligtingsbestuur
Van die dienste wat die Departement voorsien, is:
- onderwys en opleiding, insluitend beurse
- beheer oor die samestelling, registrasie en toesig oor koöperasies
- vrystelling van vooruitskattings van oeste
- voorsiening van statistiese inligting
- gehaltebeheer deur standaardisering van norme en verspreiding van inligting oor gehaltebeheer
- bevordering en regulering van die gehalte en gesondheid van landbouprodukte deur die Nasionale Plantbeskermingsorganisasie
- internasionale verteenwoordiging van Suid-Afrika se landboubelange
- regulering, registrasie en evaluering van genetiese bronne
- verskaffing van veeartsenykundige dienste
- registrasie van landbougeneesmiddels, plaagdoders, dierevoeding en troeteldierkos, bemestingstowwe, plantsteriliseringseenhede, dieregeneesmiddels, plaagbeheeroperateurs
aanbieding van inspeksiedienste
WEBTUISTE: www.nda.agric.za/ |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
|
|
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering |
 |