Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
DEPARTEMENT VAN ARBEID: OORSIG

Die Departement van Arbeid beoog om 'n betekenisvolle rol te speel in die vermindering van werkloosheid, armoede en ongelykheid deur 'n reeks beleide en programme, ontwikkel in oorlegpleging met maatskaplike vennote, en gerig op:

  • verbetering van ekonomiese doeltreffendheid en produktiwiteit
  • ontwikkeling van vaardighede en die skep van werksgeleenthede
  • gesonde arbeidsverhoudinge
  • uitskakeling van ongelykheid en diskriminasie in die werkplek
  • verligting van armoede deur werkskepping

Die Departement is verantwoordelik vir die koördinering van vaardigheidsontwikkeling en -opleiding deur die onderskeie Sektor Onderwys- en Opleidingsowerhede .


WEBTUISTE: www.labour.gov.za
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 26 Oktober 2004 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo