Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
DEPARTEMENT VAN PROVINSIALE EN PLAASLIKE REGERING: OORSIG

Die doel van die Departement van Provinsiale en Plaaslike Regering is om 'n nasionale stelsel van geïntegreerde en koöperatiewe staatsbestuur te ontwikkel en te bevorder en om provinsiale en plaaslike regering te ondersteun.

Die primêre mandaat van die Departement is die volgende:

  • om nasionale beleid en wetgewing wat strewe om regeringsowerhede te transformeer en te versterk sodat hulle hul rolle kan vervul, te ontwikkel en te moniteer
  • om meganismes, stelsels en strukture wat geïntegreerde dienslewering binne die regering moontlik maak, te ontwikkel, bevorder en te moniteer
  • om volhoubare ontwikkeling te bevorder deur ondersteuning aan provinsiale en plaaslike regering te bied.

Die Departement bied dienste ten opsigte van die volgende aan:

  • finansiële stelsels
  • regstelsels
  • interregering-verhoudingstelsels
  • prestasiebestuurstelsels
  • tradisionele leierskap en instellings
  • infrastruktuur
  • ontwikkelingsbeplanningstelsels
  • plaaslike ekonomiese ontwikkeling
  • menslikehulpbron-ontwikkelingstelsels
  • inligting en inligtingstegnologiestelsels


WEBTUISTE: www.dplg.gov.za/
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo