Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
DEPARTEMENT VAN OPENBARE WERKE: OORSIG

Die Departement van Openbare Werke is verantwoordelik daarvoor dat die nasionale departemente 'n beboude omgewing het wat voldoen aan hul finansiële, tegniese en maatskaplike vereistes. Die Departement voldoen hieraan deur die verskaffing, ontwikkeling en instandhouding van akkommodasie vir dié departemente. Ook word staatsgrond verkry en vervreem en die Staat se eiendomsportefeulje word bestuur en in stand gehou.

Die Departement is ook verantwoordelik vir die implementering van die Nasionale Openbarewerke-program op die volgende wyses:

  • skep bates deur die Gemeenskapsgebaseerde Openbarewerke-program
  • beïnvloed en stabiliseer die konstruksie- en eiendomsbedrywe
  • verseker dat infrastruktuur voorsien word op 'n wyse wat werksgeleenthede skep, gemeenskappe bemagtig en menslike hulpbronne ontwikkel.

Deur die Gemeenskapsgebaseerde Openbarewerke-program bevorder die Departement eienaarskap van vaste eiendomme vir voorheen benadeelde persone en bevorder opkomende kontrakteurs deur voorheen benadeelde kontrakteurs geleenthede te bied om te tender vir instandhoudingskontrakte.


WEBTUISTE: www.publicworks.gov.za
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo