Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
DEPARTEMENT VAN HANDEL EN NYWERHEID: OORSIG

Die doel van die Departement van Handel en Nywerheid

(Department of Trade and Industry - dti) is die volgende:

  • om toegang tot volhoubare ekonomiese aktiwiteit en werksgeleenthede vir alle Suid-Afrikaners te lei en te fasiliteer deur middel van hoër beleggingsvlakke en verhoogde toegang vir Suid-Afrikaanse produkte tot internasionale markte
  • om 'n regverdige, mededingende en doelgerigte markplek vir binnelandse en buitelandse besighede sowel as vir verbruikers te skep.

Op hierdie wyse dra die dti by tot die plasing van die Suid-Afrikaanse ekonomie op 'n versnelde en gedeelde groeikoers.

Die Departemente se aktiwiteite sluit dienste in wat verband hou met:

  • investering
  • die vestiging van 'n besigheid
  • die groei van 'n besigheid
  • uitvoer
  • groot besighede
  • swart ekonomiese bemagtiging
  • verbruikersbeskerming.


WEBTUISTE: www.thedti.gov.za
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Junie 2005 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo