Cape Gateway
English | isiXhosa | Aangaande | Kontak | Hulp | Gevorderde Soektog  |
 
DEPARTEMENT VAN WATERWESE EN BOSBOU: OORSIG

Die Departement van Waterwese en Bosbou is die bewaarder van Suid-Afrika se water- en bosboubronne. Die Departement se doelwitte is die volgende:

  • om die beskikbaarheid en voorraad van water op nasionale vlak te verseker
  • om regverdige en doelgerigte voorsiening van waterdienste op plaaslike vlak te verseker
  • om volhoubare bosboubestuur te bevorder

Die Departement is verantwoordelik vir die formulering en implementering van beleid wat hierdie sektore beheer.

Tesame met die strewe om aan alle Suid-Afrikaners toegang tot skoon water en veilige sanitasie te verseker, bevorder die watersektor ook effektiewe en doeltreffende bestuur van waterbronne om volhoubare ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling te verseker.

Die bosbouprogram bevorder die volhoubare bestuur van die land se natuurlike bosbronne en kommersiële bosbou vir die blywende voordeel van die bevolking.

Van die projekte en programme waarby die Departement betrokke is die volgende:

  • Gemeenskapswaterfluoridasie
  • Geïntegreerde Waterbronbestuur
  • Lesotho Hooglandwaterprojek
  • Suid-Afrikaanse Riviergesondheidsprogram
  • Strategiese Omgewingsassessering vir Watergebruik
  • Wes-Kaapse Waterplan
  • Werk vir Waterprogram

Die primêre dienste wat deur die Departement voorsien word, hou verband met:

  • damme, strome en oorstromings
  • gratis basiese water en sanitasie
  • lisensiëring en registrasie van waterverbruik
  • volhoubare ontwikkeling
  • sanitasie
  • rampbestuur
  • cholera


WEBTUISTE: www.dwaf.gov.za/
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 15 Desember 2003 hersien
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering Western Cape: A Home For All logo