STATISTIEK SUID-AFRIKA: OORSIG
|
OORSIG
|
Statistiek SA beoog om sosio-ekonomiese ontwikkeling te bedien met toeganklike gehalte-inligting deur middel van beter statistiek, beter toegang tot inligting en beter bestuur.
Statistiek SA is verbind tot die volgende:
- tersaaklikheid: om die data, inligting en analise wat nodig is vir die implementering en monitering van die land se groei en ontwikkelingstrategie te voorsien
- betroubaarheid: om deskundige statistiese resultate op die basis van gepaste prosedures wat sensitief is vir die diversiteit van ons burgers, te lewer
- verteenwoordiging: om 'n organisasie te word wat al hoe meer die bevolking weerspieël ten opsigte van bevolkingsgroep, geslag, en fisieke gestremdheid
- reaksie: om in die statistiese behoeftes van ons belanghebbendes in nasionale, provinsiale en plaaslike regering, arbeid en bestuur, parastaat- en navorsingsinstellings, die burgerlike sameleweing en spesiale belangegroepe te voorsien
Die werk van Statistiek SA sluit die volgende in:
- om amptelike demografiese, ekonomiese, en maatskaplike sensusse en opnames te onderneem
- om administratiewe statistieke te versamel en te verwerk
- om statistiese verslae en vrystellings te publiseer en te versprei
- om nasionale en regeringsrekeninge saam te stel
- om statistiese advies aan die regering en ander instellings te voorsien
- om statistiese opnames en steekproewe te analiseer om akkuraatheid en konsekwentheid te verseker.
WEBTUISTE: www.statssa.gov.za |
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 20 Maart 2004 hersien
|
|
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering |
 |