Cape Gateway
Afrikaans | isiXhosa | About | Contact | Help | Advanced Search  |
 
Wes-Kaapse Taalkomitee
DESCRIPTION:
rounded corner
VERANTWOORDELIKHEDE
rounded corner
 

Die Wes-Kaapse Taalkomitee is daarvoor verantwoordelik om:
Die gelyke status te verseker van die drie amptelike tale van die provinsie.



Die gebruik van die amptelike tale deur die provinsiale regering van die Wes-Kaap dop te hou.



Veeltaligheid te bevorder.



Die ontwikkeling van inheemse tale te bevorder wat voorheen eenkant geskuif is, waaronder Gebaretaal.




Raad aan die Minister te gee oor taalsake.



Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad te adviseer oor taalsake wat die Wes-Kaap raak.

AGTERGROND

Die Komitee is 'n statutêre liggaam wat gestig is kragtens artikel 6 van die Wes-Kaapse Provinsiale Taalwet van 1998. Die Taalkomitee dien ook as die provinsiale subkomitee van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad en moet die Raad adviseer oor taalsake wat die provinsie raak.

KOMITEE

Die samestelling van die Komitee maak voorsiening vir verteenwoordiging van al drie die amptelike tale van die Wes-Kaap - Afrikaans, Xhosa en Engels, sowel as Gebaretaal en Erfenistale. Lede van die Taalkomitee se termyn is drie jaar en hulle word aangestel deur die LUR vir Kultuursake, Sport en Ontspanning, nadat hulle genomineer is deur die publiek en op 'n kortlys geplaas is deur die Provinsiale Staande Komitee vir Kuns en Kultuur.

PROJEKUITVOERING

Die Departement van Kultuursake en Sport se Taaleenheid bestuur die sake van die Wes-Kaapse Taalkomitee en is verantwoordelik vir die uitvoer van projekte.
EMAIL:
exa@pgwc.gov.za
TELEPHONE:
021 483 9677
FAX:
021 483 9675
STREET ADDRESS:
3de Vloer, Protea Assurance Gebou, Groentemarkplein, Kaapstad, 8001
POSTAL ADDRESS:
Privaatsak X9067, Kaapstad, 8000
OVERSEEING GOVERNMENT BODY:
Department of Cultural Affairs & Sport (Provincial Government of the Western Cape)
The content on this page was last updated on 9 September 2005
South African National Government crest Provincial Government of the Western Cape logo Cape Gateway is a government service aimed primarily at citizens of the Western Cape, providing information on local, provincial and national government Western Cape: A Home For All logo